HOëRSKOOL
     BETHLEHEM VOORTREKKER
                                     HIGH SCHOOL

                            

Email: admin@bvhs.co.za
PO Box/Posbus 296
Wesweg
BETHLEHEM
9700

Telephone/Telefoon: (058) 303 4006
Fax/Faks: (058) 303 7178

 

 

RUGBY

2011

VOORTREKKER O/15-RUGBY BESTE IN VRYSTAAT EN NOORD-KAAP!

 Voortrekker se o/15A-rugbyspan het die afgelope Saterdag die JIP-trofee beklink deur Fichardtpark in Bloemfontein met 19-13 te verslaan.Voortrekker was onoorwonne deur die hele liga en het met harde werk, deursettingsvermoë en spanwerk, spanne wat soms twee keer hulle grootte was geklop. Die eindstryd was naelbyt-rugby van hoogstaande gehalte. Drieë is gedruk deur Tiisetso Madonsela, Ettienne Neethling en Apin Odendaal. Twee doelskoppe is deur Tokkie van Zyl deur die pale gejaag. Voorlangs het die twee flanke,Jeanrick Eager en Ruan Swart,uitgeblink. Daar was weereens goeie verdediging deur Charl Pretorius en Ettienne Neethling,die senterpaar. Tiisetso Madonsela is ook as speler van die wedstryd aangewys. Alle spelers kan trots voel op die oorwinning aangesien dit dwarsdeur die ligaseisoen ’n spanpoging was.

 Voortrekker bedank al die lojale o/15-ouers en -ondersteuners vir hulle bydrae tot ’n suksesvolle seisoen.

 

© Copyright reserved 2010
Web Designer 0836319532