SKITTER TENNIS
Voortrekker eindig
sesde na uitstekende spel by die
Groot 5 tennistoernooi in Nelspruit. Baie wedstryde het met ‘n
valbylpot geëindig.
Skole wat deelneem
aan dié toernooi is : Nelspruit Hoërskool, Affies,
Paarl Gimnasium, Waterkloof, Hoër Tegnies Middelburg, Boland
Landbou, Voortrekker en Uplands. Slegs laasgenoemde 3 skole het
minders as 1200 leerders.
Baie dankie aan die
leerders vir die puik sportmanskap, gesindheid, gedrag en hulpvaardigheid.
Dit was ‘n plesier en voorreg om saam met so ‘n span
na ‘n toernooi te gaan!