*** Koshuis-inwoning is slegs van Maandae tot Vrydae
beskikbaar
*** Hostel accommodation is only available from Monday to Friday
ALGEMENE INLIGTING
Koshuislewe is gewoonlik sinoniem met jiggie kos en dodelike roetine,
maar beslis nie in Voortrekker se koshuis nie! Ons koshuis is
ons trots: hier woon en werk ons almal gelukkig saam; ons eet
huiskos; roetine leer ons onafhanklikheid en selfdissipline.
Mnr. Gerhard Watkins
staan aan die hoof van die koshuis en word deur inwonende, diensdoenende
personeel, asook huishoudelike personeel ondersteun. Die huisvader
kan by selnommer 082 780 1070 gekontak word. Die koshuis se kontaknommer
is 058 303 4947.
Aansoekvorms vir toelating
tot die koshuis is by die skool beskikbaar.
CCTV: Daar is geslotebaan-televisiekameras in al die seunsgange,
dogtersgange, eetsaal, voorportaal en by die die trappe wat toegang
verleen tot die dogterkant.
NAWEKE: Geen leerder
mag naweke inbly, of die koshuis betree nie. Gedurende die wintersportseisoen
mag leerders wel, teen addisionele betaling, Vrydagaande inbly.
RYKLUB: Die koshuis
beskik oor ‘n ryklub. Die diens is van Maandag tot Donderdag
vanaf direk na skool tot 18:00 beskikbaar. Vir verdere besonderhede
en tariewe, skakel met die huisvader.
TRADISIES
Voortrekker-koshuis
is ryk aan tradisies.
KOSHUISBRAAI: Hierdie
geleentheid word jaarliks aangebied deur die koshuiskomitee, wat
bestaan uit ouerverteenwoordigers van elke dorp waarvandaan kosgangers
kom – ook iets uniek aan ons koshuis. Terselfdertyd vind
ons jaarlikse GANGKOMPETISIE plaas: gange word deur inwoners en
hul ouers opgeknap; daarom is Voortrekker-koshuis een van die
mooistes in die land!
GROENWURMKONSERT: Die
oriëntering wat wel plaasvind om graad 8’s by die koshuislewe
te laat inskakel – hulle deel te maak van die Voortrekker-familie
– eindig by die graad 8’s se wurmkonsert. Tot dan
dra die graad 8-dogters in die koshuis “pampoenrokke”
en voortrekkerkappies en die seuns wit “help-my-sterk-lyk”-hempies
en PT-broeke. Die graad 8-dogters hou ook ‘n ‘Moedersdag’
vir die matrieks.
WOENSDAE: Woensdag
is dorpdag en boonop is daar Woensdae heerlike hamburgers en nagereg
op die spyskaart. Ons kos is altyd baie lekker!
KOSHUIS-SOCIAL: Dit
is ‘n spog sosiale geleentheid in die tweede helfte van
die jaar, wat slegs deur die skool se matriekafskeid in styl oortref
word. Dorpskinders wat ‘n ‘skiet’ na die Social
kry, is beslis bevoorreg! In tye van akademiese rustigheid vind
daar soms spontaan ‘n koshuissokkie in die studiesaal plaas.
STILTETYD: Ons kerjakker
egter nie net gedurig nie. Behalwe elkeen se individuele stiltetyd,
hou die meisies een maal per week in hulle onderskeie gange se
‘koekiehoekie’ (koffiekamer) saam Bybelstudie en twee
maal per kwartaal kom al die meisies bymekaar vir huisgodsdiens.
Die seuns het ‘n weeklikse byeenkoms waartydens hulle ook
saamsing tot lof van God.
TARIEWE
Koshuisgelde is R2
200,00 per kwartaal. Die losiesgeld moet aan die begin van elke
kwartaal vooruit betaal word.
REËLS EN REGULASIES
Hiermee oorhandig ons
aan elke kosganger in Voortrekkerkoshuis 'n stel basiese reëls
wat stiptelik en onvoorwaardelik nagekom moet word. Indien daar
enige reëls is wat nie duidelik is nie, moet kosgangers
asseblief nie huiwer om dit met die huisouers te kom bespreek
nie.
Dit word vertrou dat
die verblyf in hierdie koshuis baie aangenaam sal wees en dat,
wanneer die kosgangers die dag die koshuis verlaat, hy/sy met
vreugde daaraan sal terugdink as 'n baie aangename deel van sy/haar
lewe. Kom laat ons as 'n huisgesin lekker saamwoon en laat elkeen
van ons sy/haar deel doen om dit vir mekaar aangenaam te maak.
Verbreking van die
reëls word in ‘n baie ernstige lig beskou en daar sal
streng opgetree word in sulke gevalle:
? ALGEMEEN
1. Die leen en uitleen van klere is streng verbode. “Leen”
sonder toestemming word as diefstal
beskou. Diefstal is strafbaar met permanente skorsing. Die leen
van geld word ook ten
sterkste afgekeur.
2. Rook, dwelm- en
drankgebruik en/of die besit van sulke middels, of die houers
daarvan, is streng verbode, beide op en van die skoolterrein.
Oortreders sal dissiplinêr verhoor word en moontlik geskors
word.
3. Afwesigheid uit
die koshuis sonder die toestemming van die huisvader of ‘n
personeellid sal meebring dat die oortreder gestraf word en moontlik
geskors kan word. ‘n Eerste oortreding kan ‘n vyf-dae-skorsing
meebring, terwyl ‘n daaropvolgende oortreding met permanente
skorsing uit die koshuis gestraf kan word.
4. Enige fisiese aanranding,
intimidasie, of verpligting van inwoners om ander opdragte uit
te voer as die voorgeskrewe pligte, word ook as ‘n ernstige
oortreding beskou wat ‘n dissiplinêre verhoor en moontlike
skorsing kan meebring.
5. Alle redelike opdragte
van die personeel, matrone of huiskomitee moet uitgevoer word.
6. Slegs matrieks mag
radio/cd-spelers in hul kamers hê en mag musiek teen ‘n
REDELIKE volume speel (d.w.s. dit mag nie buite hulle kamers gehoor
kan word nie), behalwe gedurende studietye. Musiek mag nie by
vensters uit na buite gespeel word nie en ook nie ná 22:00
saans nie. Matrieks mag nie ander inwoners toelaat om hulle musiekspelers
te gebruik nie. ‘n Eerste oortreding van hierdie reël
sal meebring dat die radio vir ‘n week weggeneem word en
‘n tweede oortreding sal veroorsaak dat dit permanent uit
die kamer verwyder word.
7. Die studiesaal is
‘n permanente STIL GEBIED en mag nie as ‘n deurloop
gebruik word nie.
Niemand mag tussen 15:30 en 17:00 in die studiesaal wees nie.
Die gange word na stiltetyd
elke aand ook STIL GEBIEDE.
8. Geen rugbystewels
en spykerskoene mag binne die koshuis gedra word nie.
9. Inwoners van die
koshuis MAG NIE duimgooi nie.
10. Dagskoliere en/of
oudinwoners word nie sonder toestemming van ‘n personeellid,
met kennisname deur die huisvader, in die koshuis toegelaat nie.
11. Volle skooldrag/sportdrag
word na alle amptelike sportbepalings gedra.
12. Waardevolle artikels
(soos kameras, selfone en groot bedrae geld) word op eie risiko
in kamers gehou. Duur sporttoerusting behoort ook te alle tye
weggesluit te wees.
? EETSAAL
Almal gaan die eetsaal
met die gepaste respek en goeie maniere binne. Die kombuispersoneel
sal met die nodige respek behandel word en basiese hoflikheid
teenoor alle personeel word verwag. ‘n Tafelgebed sal voor
elke ete gedoen word.
1. Toustaan vir kos:
• Netjiese, ordelike rye word gevorm met geen gestamp en
stotery nie.
• Personeel, besoekers en matrieks mag na die voorpunt van
rye beweeg.
• Inwoners moet kombuispersoneel bedank en te alle tye respekvol
behandel.
2. Geraasvlakke:
• Geraasvlakke moet so laag moontlik gehou word in die eetsaal.
• By die aanhoor van die ghong/klok hou almal op met eet
en absolute stilte volg.
3. Opruiming:
• Huiskomiteelede sien toe dat tafels opgeruim word.
• Alle tafels word na elke ete deur inwoners afgedek en
opgeruim.
• As iemand gemors het, is dit sy verantwoordelikheid om
self skoon te maak.
• Alle stoele word ingestoot en tafels skoon en netjies
gelaat.
4. Ander:
• Geen messegoed of breekgoed mag uit die eetsaal verwyder
word nie.
• Goeie tafelmaniere moet gehandhaaf word: niemand mag oor
die tafel hang, met ‘n mond vol kos praat, of met die messegoed
peuter of beduie nie.
• Niemand mag in die eetsaal rondloop, of oor die tafels
heen skree nie.
• Na die dankgebed mag diegene wat nie klaar geëet
het nie, dit vinnig en stil doen.
• Geen kos mag uit die eetsaal verwyder word nie.
• Inwoners mag hulle eie broodsmere en graankosse bring.
? KAMERS
1. Almal moet dadelik opstaan en begin klaarmaak wanneer die opstaanklok
lui. Beddens moet opgemaak en kamers aan die kant gemaak en gereed
wees vir inspeksie.
2. Kaste moet netjies
gehou word en gesluit wees wanneer nie in gebruik nie.
3. Ligte moet afgeskakel
word wanneer daar niemand in die kamer is nie. Niemand mag met
skakelaars peuter nie.
5. Daar moet streng
by ligte-uittye gehou word en geen pratery word ná ligte-uit
toegelaat nie. Niemand mag
ná ligte-uit gaan tandeborsel nie. Toilette mag nie binne
die eerste 30 minute ná ligte-uit gebruik word nie.
6. Geen naaklopery
word in gange toegelaat nie. Gordyne moet toegetrek wees wanneer
daar verklee word.
7. Geen handdoeke of
kledingstukke mag oor of uit vensters gehang word nie.
8. Niks mag by vensters
uitgegooi word nie.
9. Geen beddegoed (matrasse
ingesluit), wat aan die koshuis behoort, mag te enige tyd uit
kamers
verwyder word nie.
10. Dit is in jou eie
belang om te verseker dat jou kas gesluit is en die sleutel, of
kombinasie, op ‘n veilige plek
gehou word.
? SELFOONBELEID
Beide die koshuis en
die skool neem geen verantwoordelikheid vir selfone of die veiligheid
daarvan nie.
? VERBODE TERREIN
Binne die koshuis is
die volgende verbode terrein: kantore, personeelkwartiere, die
musiekkamers(behalwe vir musiekleerders), ketelkamer, motorhuise,
kombuis, linne- en wasgoedkamers, die brandtrappe, eetsaal (behalwe
gedurende etenstye) en stoorkamers.
Die koshuis is verbode
terrein gedurende skoolure. Inwoners word slegs met die toestemming
van die huisvader , of die personeellid aan diens, en in besit
van ‘n toestemmingsbrief in die koshuis toegelaat word.
Tussen 15:00 en 17:00 word slegs matrieks in hulle kamers toegelaat.
? STUDIE
Gedrag in die studiesaal:
• Die studiesaal moet te alle tye beskou word as ‘n
plek waar ernstige akademiese werk gedoen word en dit is ‘n
voorreg om hier te wees. Almal wat die studiesaal binnegaan, moet
die eiendom en mense in die studiesaal respekteer. Inmenging met
ander mense se reg op onderwys en studie word in ‘n ernstige
lig beskou en sal ernstige gevolge hê.
• Geen rondhardlopery, grappies,speletjies of onnodige lawaai
word in die studiesaal toegelaat nie.
• Slegs sakrekenaars, en GEEN ander elektroniese apparaat,
insluitende selfone en MP3-spelers, word in die studiesaal toegelaat
nie.
• Geen kaart- of bordspeletjies word hier toegelaat nie.
• Geen vermaak- of sporttydskrifte sal hier gelees word
nie – slegs opvoedkundige tydskrifte soos National Geographic,
Popular Mechanics, ens. en voorgeskrewe - of biblioteekboeke.
• Daar mag nie rondgeloop en vrae gevra word gedurende studiesessies
nie. In uitsonderlike gevalle mag die toesighoudende personeellid
gevra word om hulp van hom/haar of ‘n ander
personeellid.
? FIETSE
Fietse mag koshuis
toe gebring word. Fietse moet egter op ’n sentrale punt
gestoor word.
Beide die koshuis en die skool aanvaar geen verantwoordelikheid
vir fietse of die veiligheid daarvan nie.
? UITNEEM VAN LEERDERS
Ouers mag hul eie kinders
uitneem gedurende weeksaande nadat die nodige toestemming verkry
is. Leerders moet egter om 21:15 terug wees.
? TYE
1. WEEKSDAE
06:15 Opstaanklok
06:40 Stiltetyd. Klaar aangetrek. Kamer netjies. Onderwyser aan
diens doen inspeksie
06:50 Etensklok. Flink aantree
13:45 Middagete
14:10 Studieklok. Stiptelik om 14:15 aan die werk.
15:15 Studie verdaag
17:45 Etensklok. Netjies geklee - skoene - geen nat hare (dogters)
2. WINTER
18:25 Studieklok. Stiptelik
18:30 aan die werk
18:25 Buitedeure word gesluit
19:30 10 minute pouse
19:40 Studieklok. Stiptelik 19:45 aan die werk
20:45 Studie verdaag en “roll call”
21:00 Uitvee
21:15 Stilteklok. Onderwyser aan diens doen rondtes
21:30 Ligte-uitklok. Elkeen MOET in sy eie kamer wees en bly
3. SOMER
18:40 Studieklok. Stiptelik
18:45 aan die werk
18:40 Buitedeure word gesluit
19:45 10 minute pouse
19:55 Studieklok. Stiptelik 20:00 aan die werk
21:00 Studie verdaag en “roll call”
21:15 Uitvee
21:30 Stilteklok. Onderwyser aan diens doen rondtes
21:45 Ligte-uitklok. Elkeen MOET in sy eie kamer wees en bly
4. WOENSDAE
14:15 Bus vertrek dorp
toe
15:15 Bus vertrek terug koshuis toe
15:30 Teken terug
5. EKSAMEN
Addisionele studiesessie
tot 16:00
6. LAATSTUDIE
Teken in boek vir laatstudie
- reël met onderwyser aan diens
Gr. 8 tot 22:00
Gr. 9 tot 22:00
Gr. 10 tot 22:30
Gr. 11 tot 23:00
Gr. 12 tot 23:00
? REëLS
• Prente word
slegs gehang aan prentelyste. Niks mag teen die mure, kaste of
spieëls geplak
word nie.
• Slegs matrieks word in die middae na studie in die kamers
toegelaat.
• Geen dogter word in die koshuis aan die seunskant toegelaat
nie en geen seun aan die
dogterskant nie.
• Geen matriekleerder word in die gr.8 - gange of - kamers
toegelaat nie en geen gr.8 - leerder
word in die matriekgange of kamers toegelaat nie. (SEUNS)
• Rook en die gebruik van sterk drank is ten strengste verbode.
• Bywoning van skool- of koshuisfunksies is verpligtend.
Geen privaatpartytjies mag vanuit
koshuis bygewoon word nie.
• Kosgangers mag geen eiendom van koshuis beskadig nie.
Indien wel, sal ouers verantwoordelik wees vir die herstel of
vervanging van sodanige eiendom. Terrein moet skoon en netjies
gehou word.
• Niemand mag skoolterrein sonder verlof verlaat nie.
• Ouers mag leerders onder geen omstandighede sonder toestemming
van koshuisouers of personeel op diens, behalwe Woensdae, van
die terrein wegneem nie.
• Matrieks studeer
in kamer. Moet egter gedurende studietye in kamer wees en voor
lesenaar sit.
• Niemand, behalwe matrieks, mag battery radio's, bandopnemers
ens. aanhou nie. Radio luister in
studietyd is verbode.
• Alle gordyne toegetrek saans, ook in studiesaal.
• Geen laatkommery vir studie of etes nie.
• Absolute stilte moet te alle tye in studiesaal gehandhaaf
word.
• Verkry verlof vir laatstudie by personeellid aan diens
en teken naam in laat-studieboek.
• Vir mediese
versorging sal geneesheer, soos deur ouers versoek, ingeroep word.
Ouers is ten volle verantwoordelik vir kostes. Kosgangers met
aansteeklike siektes sal nie in koshuis toegelaat word nie.
• Leerders wat aan allergieë, asma, ens. ly, moet voorsiening
maak vir medisyne.
• Siekte moet onmiddellik voor stilte by personeellid aan
diens aangemeld word.
• Dit is raadsaam om siek leerders Maandag-oggende tuis
te hou.
• In geval van afwesigheid weens siekte stel asseblief huisouers
in kennis.
• Kosgangers wat weeksoggende siek is, mag nie na skool
opstaan of koshuis verlaat nie.
• Almal moet
in kamer wees en bly na ligte uit.
• Geen nie-koshuisleerling mag sonder toestemming koshuis
besoek of binnegaan nie.
• Geen klere en/of handdoeke mag in vensters, of op vensterbanke
of aan kasdeure gehang word nie.
• Koffers moet Maandagaand uitgepak en bo-op kaste wees.
• Niemand mag by vensters uithang of uitskree nie.
• Toegang tot koshuis gedurende pouse of skoolure verbode.
• Geen elektriese apparaat behalwe haardroërs toegelaat
nie.
• Slegs matrieks mag ketels aanhou.
• Niemand mag verwarmers aanhou nie
• Slegs musiekleerders word in musiekkamers toegelaat.
• Geen eetware, tee, koffie of eetgerei mag uit eetsaal
na kamers geneem word nie.
• Water, veral by storte, moet spaarsaam gebruik word.
• Dorp toe: Woensdae vanaf 14:15 tot 15:15 in skooldrag.
• Telefoon: Geen oproepe tydens maaltye, studietye, stiltetye
en na ligte uit nie. Gesprekke nie langer as 5 minute nie.
• Bywoning van Pinksterdienste word aangemoedig.
• Dit is wenslik dat kosgangers aan een of ander sportsoort
deelneem.
? TIPES OORTREDINGS
BAIE ERNSTIG (Kat.
C)
Beskadig koshuiseiendom
of geboue (vandalisme)
Besit van enige gevaarlike wapen
Besit of gebruik van dwelms en alcohol, of onder die invloed daarvan
Besit of gebruik van sigarette
Besit van pornografiese materiaal
Satanisme
Seksuele wangedrag - teistering of betasting
Kriminele oortredings: diefstal, aanranding,onsedelikheid
Afwesig of verlaat
koshuis of skoolterrein sonder magtiging tussen 18:00 en 06:00
Seun aan dogterskant of dogter aan seunskant
Rassistiese opmerkings
Ongeskikte of oneerbiedige gedrag teenoor personeel
Baklei, dreig of intimidasie
Doelbewuste beserings veroorsaak
Matriekleerder in Gr.8 gang of -kamer / Gr.8 - leerder in matriekgang
of -kamer
ERNSTIG (Kat. B)
Afwesig of verlaat
koshuis of skoolterrein sonder magtiging tussen 06:00 en 18:00
Bywoon van privaatpartytjies
Krap van name en merke op banke
Afwesig sonder magtiging van ete of studie
Oneerlikheid
Sonder toestemming siek in bed of by koshuis bly
Siek leerlinge wat na skool opstaan
Verwissel van kamer sonder toestemming
Vuil taal
Lol met brandblustoerusting
Versteur orde en stilte in studiesaal
Ongelyste diverse ernstige oortreding (omskryf)
MINDER ERNSTIG (Kat.
A)
Sonder toestemming
van kamer verwissel
Liefkoos en omhels op skoolterrein
Matriek nie voor lessenaar gedurende studietyd
Nie in kamers na ligte uit nie
Kom laat by studie of etes
Badkamers nie netjies nie
Besoek kamers gedurende pouses of skoolure
Leerders in kombuis
Aantasting van menswaardigheid of spot
Dra van onbetaamlike of uitlokkende kleredrag
Gewone klere in dorp
Kamers nie aan kant en leerders nie netjies as stilteklok in oggend
lui nie.
Laat van dorp of nie inteken
Ligte brand na ligte uit
Nie-musiekleerders in musiekkamers
Raas in stilte
Slordige kamers
Verwyder eetware, tee of koffie of eetgerei uit eetsaal
Aanhou van ketel
Aanhou van radio
Hang by venster uit en skree
Hang van klere aan vensters vensterbanke en kaste
Ketels of radios aan na ligte - uit
Klokke verkeerd lui
Nie inteken vir etes oor naweke (winterseisoen)
Nie opdaag vir etes gedurende naweke (Winterseiseon)
Rommelstrooi
Tasse nie netjies en op regte plek na skool nie
Telefoon nie antwoord of verkeerd antwoord
Versiering van kamers anders as voorgeskryf
Ongelyste minder ernstige oortredings