Prospektus


EXCELLENCE PROVEN BY THE TEST OF TIME

WAT BIED BVHS JOU?
Excellent academic standard Outstanding results and top-class teachers
Encompassing subject choice – complies with NCS requirements for new curriculum
Double medium tuition
Ontwikkeling van mens in totaliteit
Sportmanskap in verskeidenheid velde – Rugby, Netbal, Tennis, Krieket, Atletiek, Gholf, Swem
Kultuuraktiwiteite – Debat, Redenaars, Toneel, Musiek en Kuns

ALGEMENE INLIGTING / GENERAL INFORMATION
Skoolkantoor / Office

E-mail: admin@bvhs.co.za of kantoor@voortrekker.co.za

Tel: 058 303 4006 Faks: 058 303 7178

Posbus 296
Bethlehem
9700

AAN DIE ROER VAN SAKE / AT THE HELM
SKOOLHOOF / PRINCIPAL

Mnr Gys Coetzee
skoolhoof@voortrekker.co.za

ADJUNKHOOFDE / VICE-PRINCIPALS

Mnr Gerhard Watkins 082 780 1070 (Admin)

Mev Benette Brits 082 780 0958 (Skakeling & Voorligting)

DEPARTEMENTSHOOFDE / HEADS OF DEPARTMENT:

Me Almarie Broekman
Mnr Natius Labuschagné  (Terrein & Sport)
Me Ria vd Walt  (Admin)

Mnr Manie Havenga

BEMARKING- EN BUITEMUURSE ORGANISEERDER

Andi Wolmarans tel. 082 927 2759

KOSHUISOUERS / HOUSE MASTER

Mnr & Mev Natius Labuschagné
Tel: 058 303 4947

HANTERING VAN GRAAD 8’s

Hoekom kies ’n graad 7-leerder Voortrekker as sy nuwe tuiste?

Bethlehem Voortrekker Hoërskool bied aan elke leerder ’n plekkie onder die son. Hier kry hy/sy die geleentheid om sy/haar volle potensiaal te ontwikkel op verskeie terreine.

At Voortrekker nobody is just a number – everyone is a person; someone who will have every opportunity to develop into a well-balanced, productive individual.

GRAAD 8 KAMP

Die tweede naweek ná die skole heropen het, gaan al die Graad 8’s op ’n kamp. Dis ’n onvergeetlike ervaring, want dis hier waar jy jou mede-leerders leer ken en kennismaak met BVHS se tradisies. Geen ontgroening vind plaas tydens dié geleentheid nie. Dis ’n kenmekaar-geleentheid.

TOELATINGSVEREISTES: SKOOL EN KOSHUIS (Sien aansoekvorm)
ADMISSION: SCHOOL AND HOSTEL (See application form)

REGISTRATION FORM AND APPLICATION FOR BOARDING AVAILABLE FROM THE OFFICE.

AANSOEKE OM TOELATING MOET DIE SKOOL SO GOU AS MOONTLIK BEREIK, AANSOEKE SLUIT DIE LAASTE DAG VAN DIE TWEEDE KWARTAAL. GEEN LAAT AANSOEKE SAL OORWEEG WORD NIE. SUKSESVOLLE KANDIDATE SAL SKRIFTELIK VOOR OF OP 31 AUGUSTUS IN KENNIS GESTEL WORD.

VOORTREKKER KOSHUIS

Koshuislewe is gewoonlik sinoniem met jiggie kos en dodelike roetine, maar beslis nie Voortrekker se koshuis nie! Hier woon en werk ons almal gelukkig saam. Roetine is lekker by ons, want dit leer ons onafhanklikheid en selfdissipline.

Elke middag en aand is daar vasgestelde studietye onder toesig van die koshuispersoneel, bestaande uit vier onderwysers en vier onderwyseresse, onder leiding van die bekwame koshuisvader, mnr Natius Labuschagné.

Voortrekker Koshuis word allerweë as van die mooiste beskou – dis nie net ’n gebou nie, maar ’n ware huis met pragtige gange waar ons kinders deel van ’n groot familie voel.

Dissipline word deurentyd met ’n ferm, maar oop hand toegepas. Leerders kan onder toesig baie sosiale geleenthede bywoon. So groei hul gaandeweg tot verantwoordelike en gebalanseerde jongmense wat die volwasse wêreld met selfvertroue kan tegemoet stap.

Heerlike kos, vasgestelde roetine, ferm dissipline, ’n gesonde sosiale lewe en tyd om in ’n verhouding met ons Skepper te groei, is Voortrekker Koshuis se wenresep!

BUS SERVICE AND DAY SCHOLARS
An efficient bus service is available in all suburbs, for transport to and from school mornings and afternoons. Any learner experiencing transport problems to school should bring this to our attention. More information is available from the office.

DAY SCHOLARS: HOSTEL

Provision is made for non-boarders to have lunch at the hostel (at a fee), as well as to make use of the study facilities. Particulars are also available from the office.

SKOOLGELD
Die skool is verantwoordelik vir alle lopende uitgawes, asook vir die salarisse van beheerliggaamposte. Ten einde ons verpligtinge te kan nakom word verpligte skoolgelde jaarliks aangepas. Die bedrag kan in gerieflike paaiemente betaal word nl. per maand/per kwartaal, en moet verkieslik direk in die skool se bankrekening gedeponeer word. ‘n Aftrekorder kan by u bank gereël word. BESONDERHEDE BESKIKBAAR BY MEV HANNALIE NAUDE.

School fees may be paid in instalments (monthly or per term). Stop orders can be arranged at your bank. PARTICULARS ARE AVAILABLE FROM MRS HANNALIE NAUDE.

SKOOLDRAG / SCHOOL UNIFORM
SKOOLBAADJIE
Skoolbaadjies moet elke Maandag en Vrydag gedra word. Skoolbaadjies is slegs by die skool te koop. Die graad 8-leerders mag dit eers ná die graad 8-kamp dra.

VERSKAFFERS VAN SKOOLDRAG
Skooldrag is by Le Roy beskikbaar. Tweedehandse klere, sportdrag en kleurbaadjies is by die skool se klerebank verkrygbaar.

UNIFORM: BOYS

SUMMER
Grey trousers
White long-sleeved shirt with school tie
Long grey socks with school colours or ordinary long grey socks
Blazer with school badge
Acceptable black lace-up shoes (without pattern, studs or high heels).
Black belts only
Pullover (compulsory for grade 8)

WINTER
Grey socks
Grey trousers (legs of acceptable width)
White long-sleeved shirt with school tie
Blazer with school badge
Black jersey with a V-neck. No jersey without blazer will be permitted
Black coat black buttons may be worn over blazer on very cold days
Pullover
Only official school scarf (available at school).

SPORTSWEAR (ALL)

FIRST TEAMS: Special sportswear is prescribed for these teams. (Details can be obtained from the school).

Athletics: Available at school

Cricket: White shirt, and trousers, and cricket shoes.

Tennis: Black shorts, sport shirt and tennis shoes. Sport shirt (available at school)

DOGTERSDRAG

SOMER
Geruite skoolrok (tweedehandse rokke verkrygbaar by die skool se klerebank) (nuwe rokke verkrygbaar by Le Roy en Fanas)
Wit sokkies (enkellengte)
Swart toerygskoene of plat skoene met bandjie oor die voet
Kleurbaadjie met skoolwapen.
Moulose oortrektrui. (verpligtend vir graad 8)

WINTER
Swart vierbaanrokke met V-hals
Wit langmouhemp
Skoolgordel
Skooldas
Lang swart kouse
Skoolskoene (dieselfde as somerdrag)
Swart trui met V-halslyn (oortrek) – Trui sonder baadjie sal nie toegelaat word nie
Oortrektrui (opsioneel)
Kleurbaadjie. (beskikbaar by die skool se klerebank)
Swart jas met swart knope en sonder kappie; mag op baie koue dae bo-oor skoolbaadjie gedra word
Voorgeskrewe swart langbroek word met swart sokkies gedra (vanaf 1 Mei tot 31 Augustus). ‘n Voorgestelde patroon is beskikbaar en slegs hierdie broek is toelaatbaar. Geen sweetpakbroeke is toelaatbaar in eksamentye nie.
Slegs amptelike skoolserp (beskikbaar by klerebank).

GRAAD 12-DRAG
Kontak skool vir spesifikasies.
GENERAL RULES
Dresses must be of a suitable length. When the learner kneels, the dress should be 10cm (max) above the floor.
No jewellery (rings, chains, beads, bangles etc) may be worn with the school uniform.
Earrings: ONE pair only (10c coin size) or studs (silver or gold). Earrings are to be worn in the bottom hole of the ear lobe. Only “Medic Alert” bracelets or chains will be allowed after submission of a medical certificate.

NO make up or coloured nail polish will be allowed. NO TONGUE STUDS
Short hair must be styled neatly and long hair should be tied back neatly. A fringe should not cover the eyebrows. As soon as short hair reaches the lower end of the learner’s collar, it must be tied back neatly.

Black, white or gold-coloured ribbons or bobbles may be worn. Ribbons must be tied in neat bows without long trains. Black or white Alice bands may be worn. No other decorative hair trimmings may be worn.

Hair may not be dyed.

Please contact the staff, should there be any inquiries.

SCHOOL RULES / SKOOLREëLS
Learners are all subject to a set of rules approved by the governing body and Department of Education. These rules are contained in a document too bulky to be copied for everybody.

Die leerlinge is almal onderworpe aan ‘n stel reëls wat deur die beheerliggaam en die Departement van Onderwys goedgekeur is.

Algemene Reëls vir Seuns

1. Tydens alle skoolfunksies moet seuns geklee wees in die voorgeskrewe skooldrag.

2. Leerlinge moet te alle tye netjies geklee wees indien hul in hul skooldrag is. Geen hemde wat uithang sal toegelaat word nie. Seuns met langmouhemde aan
moet of heeltemal afgerol wees of so opgerol dat indien hy sy voorarm 90° buig, die opgerolde mou net aan die voorarm mag raak.

3. Slegs swart skoolskoene en belde word toegelaat.

4. Slegs swart kouse by swart langbroeke en grys kouse by grys langbroeke.

5. Toepaslike horlosies word toegelaat.

6. Slegs BVHS-rubberbandjies mag gedra word.

7. Seuns se hare moet te alle tye netjies gesny wees. Kuiwe mag nie in die oë hang nie. Hare mag nie oor die ore wees of aan die kraag van die hemp raak nie. Hare
moet in verhouding gesny wees d.w.s nie langer as 5 cm bo-op die kop nie. Geen snaakse haarstyle en die kleur van hare word nie toegelaat nie. Geen “gel”.

8. Indien leerlinge nie aan die kleredrag of hul voorkoms aan die skoolreëls voldoen nie, sal leerlinge versoek word om huistoe te gaan, voldoen aan
sodanige reëls en so gou as moontlik terugkeer.

9. Seuns moet skoongeskeer wees. Geen snorre, stoppelbaard en lang wolwange (“sidies”) nie.

Algemene Reëls vir Dogters

1. Rokke moet van fatsoenlike lengte wees. Knielend maksimum 10 cm van vloer af.

2. Kouse moet te alle tye netjies om gevou wees.

3. Geen juwele (ringe, halskettinkies, krale, armbande ens.) mag saam met die skoolklere gedra word nie. Toelaatbare oorbelle: Slegs “studs” 5 mm in goud of
silwer of ringetjies so groot soos ‘n 20c stuk in goud of silwer. Slegs 1 paar oorbelle (geen pêrels of diamante nie).

4. Hare moet of in ‘n kort netjiese kapsel gedra word, of lang hare moet so vasgemaak word dat dit uit die gesig is. Kuif mag nie in die oë hang nie. Sodra
kort hare aan die onderste deel van die kraag raak, moet dit vasgemaak word.

5. Swart, wit geel en silwer haarlinte of bolletjies mag gedra word, asook “alice bands”. Haarlinte moet netjies gestrik wees sonder lang, los punte.

6. Hare mag nie gekleur word nie. Geen “gel”.

7. Geen grimering of gekleurde naellak word toegelaat nie.

8. Toepaslike horlosies word toegelaat.

9. Slegs BVHS-rubberbandjies mag gedra word (Geen “balance” bandjies nie).

10. Geen tongringe of neusringe nie.

11. Indien leerlinge nie aan die kleredrag of hul voorkoms aan die skoolreëls voldoen nie, sal leerlinge versoek word om huistoe te gaan, voldoen aan sodanige reëls en so gou as moontlik terugkeer.

General Rules for Girls

1. Dresses must be of a suitable length. When learner kneels, the dress should be 10cm (max) above the floor.

2. Socks must be neatly folded over at all times.

3. No make up or coloured nail polish will be allowed.

4. Short hair must be styled neatly and long hair should be tied back neatly. A fringe should not cover the eyebrows. As soon as short hair reaches the lower end of the learner’s collar, it must be tied back neatly.

5. Black, white, yellow or silver-coloured ribbons may be worn, as well as Alice bands. No other decorative hair trimmings will be allowed.

6. Hair may not be coloured. No gel.

7. No jewelry (rings, chains, beads, bangles etc.) may be worn with the school uniform. Ear studs of 5 mm (gold or silver) and rings of 20c coin size (gold or silver) may be worn. One pair earrings only. No pearls or diamonds.

8. Only suitable watches are allowed.

9. Only BVHS rubber armbands may be worn. (No balance bands are allowed).

10. No tongue studs or nose studs.

11. Girls must be dressed in the fully prescribed school uniform at all school functions. Should learners not comply with the rules of dress or appearance, they are requested to leave school premises and to return as soon as possible and present themselves, correctly dresses and with corrected appearance, in compliance with the school rules.

General Rules for Boys

1. Boys must be dressed in the fully prescribed school uniform at all school functions.

2. Learners should always be neatly and fully attired when wearing school uniforms. Shirts must not hang out, ties must be properly fastened. The long-sleeved shirts may be rolled up to the crook of the arm, not only three-quarters of the way.

3. Shoes and belts: black only.

4. Socks: grey with grey trousers and black with black trousers. No white socks.

5. Watches: standard kind – not the ornamental kind.

6. Rubber/elastic bands: only the BVHS bands are allowed.

7. Hair: must be neat at all times. Fringes may not cover the eyes or ears. Hair may not touch the shirt collar and must be tapered. Hair not longer than 5 cm on crown and no auspicious hairstyles. No colouring of hair. No streaks. No gel.

8. Should learners not comply with the rules of dress or appearance, they are requested to leave school premises and to return as soon as possible and present themselves, correctly dresses and with corrected appearance, in compliance with the school rules.

9. Boys must be clean-shaven. No sideburns, moustaches, beards or stubble

SELFOONBELEID

PROSEDURE TYDENS AFWESIGHEID

ANTI-BOELIE BELEID

ALGEMENE REëLS VIR SEUNS EN DOGTERS

BEROEPSLEIDING / CAREER GUIDANCE
Dit staan onder leiding van Benette Brits

GEDRAGSKODE / DISSIPLINE STELSEL
Hier by Voortrekker baseer ons nog die opvoeding van kinders op ‘n gesonde waardesisteem en daarvolgens moet daar wedersydse liefde en respek vir mekaar wees. Ons glo dat daar sekere grense vir kinders gestel moet word, waarbinne hulle geliefd en geborge voel. Indien hierdie grense oortree word, moet daar uiteraard sekere gevolge wees vir die oortreder, om te voorkom dat daar chaos heers. Daarom moet verantwoordelikheid aanvaar word vir foute gemaak, daaruit geleer word en nadat die gevolge gedra is, dit nie weer gedoen word nie.

Om misverstande te voorkom, moet elkeen homself van die riglyne vergewis. Ter wille van die veiligheid van u kind en die skep van ‘n gesonde leeromgewing vir al ons leerders, vra ons dat u die skool se stelsels sal respekteer en ons tot hulp sal wees in die toepassing daarvan.

Oortredinge word ingedeel volgens kategorie A (minder ernstig – 1 punt), B (ernstig – 5 punte), en C (baie ernstig – 10 – 20 punte).

5 Punte sal en detensie regverdig. Detensie sal uitgedien word op Woensdae, vanaf 14:00 tot 17:00. (Eerste brief aan ouers).

10 Punte sal twee detensies regverdig vanaf 14:00 tot 17:00, op opeenvolgende Woensdae.

15 Punte sal interne tug tot gevolg hê, waartydens die ouers / voog van die leerder ingelig sal word, en tydelike skorsing opgelê mag word, of gemeenskapsdiens verrig sal word.

30 Punte sal lei tot ‘n afspraak by die hoof met die ouers, wat mag lei tot permanente uitsetting (laaste waarskuwing).

50 Punte sal onmiddellik na die beheerliggaam verwys word vir permanente uitsetting.

Should an RCL or matric committee member have a category C transgression, he/she is obliged to hand back his/her badge.

No learner may be nominated or elected as an RCL, matric committee or hostel committee member, should he/she have one category C transgression during his/her grade 11 year.

An accumulation of 15 points by a grade 11 learner is a category C transgression.
Should a grade 10 learner have category C transgressions, but he/she redeems himself and has none in grade 11, he/she may be elected as an RCL or matric committee member

AKADEMIE / ACADEMICAL WORK

Graad 8 en 9:

Voorgeskrewe vakke

VAKKEUSES:  Gr 10 tot 12

VERPLIGTE VAKKE (Vier vakke)

Kies een – Afrikaans Huistaal of Afrikaans Eerste Addisionele Taal
Kies een – Engelse Huistaal of Engelse Eerste Addisionele Taal
Kies een – Wiskunde of Wiskunde Geletterdheid of Tegniese Wetenskap
Verpligtend – Lewensoriëntering
KEUSEVAKKE (Drie vakke)

Kies een – Fisiese Wetenskappe of Ekonomie of Rekenaartoepassingstegnologie of Teniese Wetenskap
Kies een – Lewenswetenskappe of Besigheidstudies of Meganiese Tegnologie of  Siviele Tegnologie
Kies een – Aardrykskunde of Ingenieursgrafika en -ontwerp of Gasvryheidstudies of Rekeningkunde

8ste vakke (opsioneel)

Dramatiese Kunste
Dans
Visuele Kuns
Musiek

Rekenaartoepassingstegnologie

ADDISIONELE VAKKE

Leerlinge word die geleentheid gebied om vir addisionele vakke te registreer. Hierdie vakke mag egter nie deel van ’n leerder se gekose vakke wees nie. Departementele voorskrifte bepaal ook dat onderrig in hierdie vakke buite die normale onderrigtyd van die skool moet val.

Die volgende vakke is by die onderwysdepartement as addisionele vakke geregistreer:

Spraak en Drama

Musiek

Kuns

Dans

Slegs leerders wat bogemiddeld presteer mag aansoek doen vir ’n addisionele vak.

REKENAAROPLEIDING BY BVHS

Ons puik toegeruste rekenaarsentrum is ons trots. Omdat vooruitgang en tegnologie vir ons baie belangrik is, is dit noodsaaklik dat ELKE leerder by Bethlehem Voortrekker Hoërskool rekenaargeletterd moet wees omdat niemand die lewe kan ingaan sonder rekenaarvaardighede nie.

Alle graad 8-leerders skakel by ‘n puik leesprogram in. Hier word daar gekonsentreer op die leerder se leesspoed, noukeurigheid, konsentrasie en geheue. Wonderlike resultate word deur die gebruik van die leesprogram verkry.

HOTEL AND CATERING

The Hotel and Catering or Hotel and Food Service Industry is now becoming widely known as the Hospitality Industry. The industry is usually defined by its output of producers who satisfy demand for food, drink and accommodation. Here at Voortrekker we are fortunate to have this subject as one of our packages, to stay in trend with the world out there. The opportunities for advancement in food and beverage service are many and work is available in hotels, restaurants, catering organisations, hospitals, welfare catering, clubs, transport catering and outdoor catering. The opportunity to see the world and travel around countries of one’s choice is also a possibility, and in this way one may gain a wealth of experience by seeing other countries. In the subject the learner will learn more about tourism (because this subject goes hand in hand with Tourism), marketing, front of house, hygiene and culinary delights. This is one of the subjects that make Voortrekker unique.

BUITEMUURSE AKTIWITEITE / EXTRAMURAL ACTIVITIES
SPORT

RUGBY

Voortrekker Hoërskool rugby – ‘n Trotse tradisie van 115 jaar. Met spesialis afrigting deur bekende oud Oos-Vrystaat en Vrystaat Rugbyspelers, bygestaan deur opgeleide onderwysers, bied Voortrekker rugby jou daardie iets ekstra. Rugbytoere, klinieke en rugbydae gee spelers, O/14 spanne ingesluit, die geleenthede om teen die voorste skole in die land te speel.

As jy dus deel van ‘n wenkultuur wil word, kom na Voortrekker waar ons leuse is: Uitnemendheid bewys deur die toets van die tyd.

VOORTREKKER NETBAL/NETBALL

Ons ontwikkel ‘n speler tot ‘n goeie speler. ‘n Goeie speler word ‘n ster! Hier is ons almal wenners. Ons loop die ekstra myl, bemagtig onsself en ons spelers deur professionele hulp in te win, klinieke by te woon en spelers te motiveer om hulle potensiaal te bereik.

As the saying goes: Where there is a will, there is a way. The Voortrekker netball definitely has the will and we have a way, through dedication, determination and a love for a world class sport.

HOKKIE/HOCKEY

– Breek die grense van jou wildste drome –
Voortrekker hokkie daag jou uit om meer te word as wat jy ooit kon droom. Ons maak van die gewone speler ‘n ster en die bo-gemiddelde speler ‘n superstar. Vir ons is elke speler belangrik, maak nie saak wat jy in die laerskool bereik het nie, hier gee ons jou die geleentheid om jou volle potensiaal te ontwikkel. Neem die uitdaging aan en breek jou grense.

TENNIS

“Die geheim van sukses is entoesiasme, ja, meer nog, opwinding. Dit mense wat kan opgewonde raak oor dinge, wat ‘n sukses maak van die lewe”.
Walter Chrysler

Voortrekker se tennis spreek hiervan! Kom sluit aan by tennisspelers van gehalte met spangees en entoesiasme.
Ons bied geleenthede soos verskeie toernooie. Kom gryp dit aan en benut dit om van jou ‘n beter tennisspeler en persoon te maak. Om vriendskappe te smee, om jou span en skool se naam hoog te hou, maar ook om lekker te ontspan en dit te geniet!

Voortrekker Tennis van krag tot krag.

GHOLF

Gholf is nie ’n amptelike skoolsport nie, maar ons neem wel deel aan die Oos-Vrystaatliga en die wenner van hierdie liga neem nasionaal deel.

The golf league takes place during the third and fourth term of one year, finishing in the first term of the next year. Players also have the opportunity to go on a golf tour during the July holidays, organized by the Eastern Free State Golfing Association.

CRICKET / KRIEKET

Voortrekker beskik oor drie oefennette, ‘n binnenshuise krieketnet met ‘n boulmasjien, ‘n uitstekende kolfblad op ons A-veld met ‘n groot telbord wat ook vir die B-veld gebruik kan word, asook ‘n sintetiese kolfblad op die B-veld waarop oefenwedstryde, sowel as ligawedstryde gespeel word. Ons stel dan ook hierdie fasiliteite vanaf 2007 beskikbaar vir Andrè Barends se krieketakademie, waarvan ‘n been by Voortrekker bedryf gaan word om in die behoeftes van krieketspelers te voorsien dwarsdeur die jaar! Puik afrigters gaan hier gebruik word om ons ernstige spelers dwarsdeur die jaar af te rig sodat hulle vaardighede tot volle potensiaal ontwikkel kan word! Inskrywingsvorms vir die akademie is by die kantoor beskikbaar.

If you are serious about your cricket, Voortrekker will provide you with all the facilities, coaching and opportunities that you need to practise your sport at the highest level!

GET HIGH ON ATHLETICS AT VOORTREKKER HIGH

You can become part of an exciting team!  Voortrekker athletics has done us proud!

Atletiek is opwindend om die volgende redes:

Kompeterende byeenkomste en toegewyde afrigters

Kans om deel te neem aan byeenkomste in Bloemfontein, Sasolburg, Pretoria en so ver as Stellenbosch

Ons maak jou lekker fiks: begin reeds September al oefen

Van die weinig skole wat geleentheid bied vir stap, paalspring en driesprong.

KULTUUR / CULTURE
PLAYHOUSE DRAMA- EN DEBATSVERENIGING

By BVHS is daar onder die sambreel van die PLAYHOUSE Drama- en Debatvereniging geleentheid vir elkeen wat hom/haarself op kultuurgebied wil uitleef. Ons neem deel aan tienertoneel, kunswedstryde, redenaars (het 2 agtereenvolgende jare ‘n nasionale wenner gehad!) en debat.

Of course, our activities are open to both Afrikaans- and English speaking “culture vultures!”.

 

VCSV/UCSA:  opsioneel

NOODHULP/FIRST AID

These trained first aiders perform first aid duty at all school sports meetings and their contribution is invaluable. Learners receive recognition for their participation.

MUSIEK

Voortrekker Hoërskool bied musiek buite-kurrikulêr sowel as Musiek as vak vanaf graad 10 aan. Die musiekleerders neem wyd deel aan nasionale kompetisies, ’n wêreldkompetisie, kunswedstryde, asook eksamens van Unisa, Royal Schools of Trinity College na die leerder se keuse. Voortrekker spog oor die jare met uitstekende resultate en met talle leerders wat musiek as loopbaan gekies het en die hoogste sporte bereik het. Die musiekleerders van Voortrekker is trots op hulle musiek met die gepaardgaande erns en hardwerkendheid wat dit verg.

SERENADEGROEP VIR SEUNS en dogters

 

SOSIALE LEWE / SOCIAL LIFE
Voortrekker is famous for its keen spirit and zest for life. Not only are we achievers on every possible terrain, but we also know how to get the most out of life. As the sun shines upon us every day, so we smile back at life.

Funksies soos Valentynsbal, “Idols”-aand, Mej BVHS, waterkaskanades, geesvang en nog ontelbaar baie ander sosiale funksies, maak deel uit van Voortrekker se op-en-wakker gees.

Vir ons is dit lekker om te lewe, lekker om te lag, ons haal die beste uit elke dag.
Ons motto is: a smile a day, keeps the blues at bay!

SKOOLLIED

Omring van wydse koringvelde
Waar nog die Trekkerspore staan,
Sal ons sy daad en deug vermelde
Solank ons nuwe weë baan,
Roep uit bo somergroene velde
Roep uit met fier gespanne stem:
Ons roem die veels te min vermelde,
ons roem die skool van Bethlehem.

Refrein:
Krag van hart en krag van gees,
Ons wil trou en suiwer wees:
Vreugde uit die hart gedra,
Krag van jong Suid-Afrika,
(Krag tot dade, krag herbore
tot die hoogste uitverkore)

LEUSE

NON SIBI SED PATRIAE (NIE VIR MYSELF NIE, MAAR VIR MY VADERLAND)

ONS MISSIE

Die gebalanseerde opvoeding van ons kinders in Afrikaans en Engels as taalmedium volgens godsdiens-gefundeerde en opvoedkundig-verantwoordbare beginsels  en
in belang van ons land en sy mense.

OUR PHILOSOPHY

We care deeply about our learners

We are committed to providing a high standard of professional service.

We set the trend by attending study groups, workshops, courses, and through self-study.

We share the need and spirit of our learners.

We offer creative and effective service, education and training to our learners.

We are at your service when and wherever you need us.

E-mail: admin@bvhs.co.za
Tel: 058 303 4006
Fax: 058 303 7178

P.O.Box 296
BETHLEHEM
9700

EXCELLENCE PROVEN BY THE TEST OF TIME!