Sport


Sport Sport2

 

Werêld Jeugspele 2015

Hernu van Vuuren is 5de beste in die wêreld! Hy het nog steeds die 4de beste afstand vir 2015 en is nou 26ste in die geskiedenis van 0/17 spiegooi. Die internationale area is gek oor sy talent en persoonlikheid

Trekkertrots.

AFRIKA KAMPIOEN: 
Hernu van Vuuren kry Goud op die Afrika jeugspele vir sy afstand in Spiesgooi seuns 0/17. Afstand 72.68m. Nuwe Afrika rekord.Trekkertrots .
Frik Stander van Secunda is sy trotse afrigter.

Hernu medalje

Ons by Voortrekker glo dat sukses op die sportveld ook uit vier belangrike komponente bestaan:
Voldoende fasiliteite, goeie geleenthede vir deelname, committed coaches and last, but not least, proud and passionate players.
Ons is bevoorreg om in alle sportkodes onderwysers en buite afrigters te hê wat uitstekend opgelei is vir hul werk op die sportveld en waardeer hul insette opreg.

ATLETIEK

Voortrekker no 1 in VS-Atletiek

Selfdissipline is die sleutel tot sukses in BVHS se atletiekkamp. Deursettingsvermoë tesame met ‘n passie en ‘n liefde vir atletiek, is ‘n wenresep om hulle potensiaal te ontsluit. Nederigheid is die geheim om erkenning te gee aan die Bron wat aan hierdie atlete die besondere talent gegee het.

“Uitnemendheid” som BVHS se prestasies tydens die jaarlikse Vrystaat-atletiekkampioenskappe op die atletiekbaan op.  BVHS wen die byeenkoms oortuigend en dit  is te danke aan toegewyde atlete en afrigters.  So sê mnr. Gys Coetzee, trotse skoolhoof van Bethlehem Voortrekker Hoërskool.

’n Ryke medalje-oes was die gevolg van puik tye en afstande.   Voortrekker sluit die dag af met 42 medaljes waarvan 17 goud, 14 silwer en 11 brons was.  Die atlete stof skoles oos Grey College (2de) en HTS Louis Botha (3de) uit.

Die dag is ook gekenmerk deur die twee rekords wat verbeter is.  Nie net VS rekords het gespat nie, maar Willie Naude het die SA rekord geëwenaar met 4.7m seuns 0/16 paalspring.Hy kwalifiseer ook vir die Wêreld Jeugspele.  Hernu van Vuuren verbeter VS rekord in seuns 0/17 spiesgooi.

Voortrekker is ook baie goed verteenwoordig by die byeenkoms se top atlete:  3 uit die top 20-prestasies.  Met harde werk, toewyding en vasberadenheid van atlete en afrigters, aangevul deur die geesdriftige ondersteuning van ouers, onderwysers en maats, is enigiets moontlik.

3 Atlete onder die top 50:

1 – Willie Naude Paalspring S 0/16

9 – Danco Claasen 3000 m Stap S 0/14

18 – Christoff Janse van Vuuren Hamergooi S 0/17

Voortrekker eindig 1 ste met 42 medaljes, 17 Goud, 14 Silwer en 11 Brons uit 160 skole op die dag.

Een en twintig atlete is ingesluit in die Vrystaatspan wat aan die Suid-Afrikaanse kampioenskappe 25 tot 28 Maart in Rustenburg gaan deelneem. Trekkeratlete is ons trots!

RUGBY

NETBAL

HOKKIE

KRIEKET

SKITTER TENNIS

GOLF