2023 se Gholfseisoen was weereens ‘n opwindende seisoen gewees. Die skool se gholfspanne het die jaar nie net in die Oos-Vrystaat gholfliga deelgeneem nie, maar ook aan Clarens Golf & Leisure se besigheidsliga vir voortdurende oefening en geleenthede vir die spelers. Mens kan duidelik sien dat BVHS se gholf ‘n sport is wat aan die groei is met die aantal spelers wat na vore gekom het die jaar.
Ons het oorgenoeg spelers gehad om in al drie die afdelings van die liga vir seunsspanne in te skryf met heelwat ekstra spelers wat geleentheid gekry het deur die verloop van die liga. Voortrekker kon ook spog met nie een nie, maar twee meisiesspanne wat afgewissel het in die liga.
Al drie Voortrekker se spanne het in die top drie van hulle onderskeie afdelings geeïndig en die meisies het as naaswenners uit die liga getree.
Ongelukkig kon die jaarlikse gholftoer, na Margate in Kwazulu-Natal, nie die jaar realiseer nie, maar ons is opgewonde om dit volgende jaar weer voluit aan te pak. Die toekoms van Voortrekker se gholf lyk belowend aangesien daar redelik min matrieks is wat ons verlaat en daar heelwat jong span spelers tot ons beskikking sal wees. Ons sien uit om volgende jaar se seisoen met spelers wat gretig is om te leer en te kompeteer, aan te pak.