Trekkers weereens die TOP atletiekskool in die Vrystaat.
Voortrekker se atletiekjaar het reeds in 2022 met ‘n suksesvolle voorseisoen afgeskop. Atlete is voorberei vir ‘n ongelooflike 2023 seisoen vol nuwe hoogtes, rekords, tradisies en Springbokatlete.
Ons jaarlikse kleurbyeenkoms het ons die geleentheid gebied om ‘n gedugte atletiekspan te kies, wat gesorg het dat ons Sirkel-, Graanveld-, Oos-Vrystaat en Vrystaatbyeenkomste oorheers het. Die jaar is ook gekenmerk deur talle rekords wat verbeter is. BVHS het weereens die meeste medaljes op die Vrystaatkampioenskappe ingepalm (30 goud, 16 silwer, 17 brons), 63 medaljes in totaal. BVHS is ook aangewys as die beste atletiekskool in die Vrystaat.
Die wil om te wen en met trots uit die stryd te tree, was tydens elke byeenkoms duidelik sigbaar. Nog ‘n hoogtepunt van die Vrystaatatletiekbyeenkoms, was die aflosse. Die Voortrekker aflosspanne het die skare behoorlik op hul voete gehad het en het daarin geslaag om die meeste medaljes terug te bring Bethlehem toe.
By die jaarlikse Multi-Greenbyeenkoms is ons aangewys as die beste gekombineerde skool vir die 6de jaar in ‘n ry.
Skole SA’s:
Voortrekker het ook die meeste atlete in die Vrystaatspan (28) gehad wat aan die skole SA-kampioenskappe deelneem het, ‘n ongelooflike 3 goud, 3 silwer, 8 brons is deur BVHS-atlete verower.
ASA SA’s:
21 atlete is gekies vir die Vrystaatspan wat aan ASA SA’s deelneem. Hulle doen uitstekend en behaal 2 goud, 3 silwer, 8 brons medaljes. BVHS is ook 2 Springbokatlete ryker: Shannon Purchase en Immanual Veitch. Shannon is ook aangewys as die Afrika kampioen in paalspring. Groot dank aan Oom Dirk, G4G
span en afrigters vir hul aanbaatsugtige hulp en ondersteuning.
Dankie aan elke ouer, borg en veral ons AFRIGTERS en atlete wat hard gewerk het ons die seisoen ‘n skitterende sukses te maak.