Bethlehem Voortrekker Alumni is gestig om alle oud-leerders, ondersteuners, ouers, onderwysers en vriende van BVHS onder een sambreel saam te snoer. Enige persoon wat graag deel wil word van hierdie groep, moet asb hul detail registreer op webblad of na admin@bvhs.co.za stuur. Die Alumni se doelwit is om die geleenthede wat Voortrekker aan sy leerders bied in stand te hou en verder uit te bou . Met ‘n ryke tradisie sedert 1902, is ons trots om deel van BVHS te wees. Non sibi sed patriae.
Ons beoog om jaarliks met die Derby alle reunie-groepe in te lig en te betrek by die Alumni. Ons is tans besig om ‘n databasis op te bou wat tot voordeel van die skool en elke lid sal wees. Voortrekker se Alumni is lid van die Suid-Afrikaanse Alumni bond vir skole.