SELFOONBELEID
Beide die koshuis en die skool neem geen verantwoordelikheid vir selfone of die veiligheid daarvan nie.
VERBODE TERREIN
Binne die koshuis is die volgende verbode terrein: kantore, personeelkwartiere, die musiekkamers(behalwe vir musiekleerders), ketelkamer, motorhuise, kombuis, linne- en wasgoedkamers, die brandtrappe, eetsaal (behalwe gedurende etenstye) en stoorkamers.
Die koshuis is verbode terrein gedurende skoolure. Inwoners word slegs met die toestemming van die huisvader , of die personeellid aan diens, en in besit van ‘n toestemmingsbrief in die koshuis toegelaat word. Tussen 15:00 en 17:00 word slegs matrieks in hulle kamers toegelaat.
STUDIE
Gedrag in die studiesaal:
• Die studiesaal moet te alle tye beskou word as ‘n plek waar ernstige akademiese werk gedoen word en dit is ‘n voorreg om hier te wees. Almal wat die studiesaal binnegaan, moet die eiendom en mense in die studiesaal respekteer. Inmenging met ander mense se reg op onderwys en studie word in ‘n ernstige lig beskou en sal ernstige gevolge hê.
• Geen rondhardlopery, grappies,speletjies of onnodige lawaai word in die studiesaal toegelaat nie.
• Slegs sakrekenaars, en GEEN ander elektroniese apparaat, insluitende selfone en MP3-spelers, word in die studiesaal toegelaat nie.
• Geen kaart- of bordspeletjies word hier toegelaat nie.
• Geen vermaak- of sporttydskrifte sal hier gelees word nie – slegs opvoedkundige tydskrifte soos National Geographic, Popular Mechanics, ens. en voorgeskrewe – of biblioteekboeke.
• Daar mag nie rondgeloop en vrae gevra word gedurende studiesessies nie. In uitsonderlike gevalle mag die toesighoudende personeellid gevra word om hulp van hom/haar of ‘n ander
personeellid.
FIETSE
Fietse mag koshuis toe gebring word. Fietse moet egter op ’n sentrale punt gestoor word.
Beide die koshuis en die skool aanvaar geen verantwoordelikheid vir fietse of die veiligheid daarvan nie.
UITNEEM VAN LEERDERS
Ouers mag hul eie kinders uitneem gedurende weeksaande nadat die nodige toestemming verkry is. Leerders moet egter om 21:00 terug wees.
TYE
1. WEEKSDAE
06:15 Opstaanklok
06:40 Stiltetyd. Klaar aangetrek. Kamer netjies. Onderwyser aan diens doen inspeksie
06:50 Etensklok. Flink aantree
13:45 Middagete
14:10 Studieklok. Stiptelik om 14:15 aan die werk.
15:15 Studie verdaag
17:45 Etensklok. Netjies geklee – skoene – geen nat hare (dogters)
2. WINTER
18:25 Studieklok. Stiptelik 18:30 aan die werk
18:25 Buitedeure word gesluit
19:30 10 minute pouse
19:40 Studieklok. Stiptelik 19:45 aan die werk
20:45 Studie verdaag en “roll call”
21:00 Uitvee
21:15 Stilteklok. Onderwyser aan diens doen rondtes
21:30 Ligte-uitklok. Elkeen MOET in sy eie kamer wees en bly
3. SOMER
18:40 Studieklok. Stiptelik 18:45 aan die werk
18:40 Buitedeure word gesluit
19:45 10 minute pouse
19:55 Studieklok. Stiptelik 20:00 aan die werk
21:00 Studie verdaag en “roll call”
21:15 Uitvee
21:30 Stilteklok. Onderwyser aan diens doen rondtes
21:45 Ligte-uitklok. Elkeen MOET in sy eie kamer wees en bly
4. WOENSDAE
14:15 Bus vertrek dorp toe
15:15 Bus vertrek terug koshuis toe
15:30 Teken terug
5. EKSAMEN
Addisionele studiesessie tot 16:00
6. LAATSTUDIE
Teken in boek vir laatstudie – reël met onderwyser aan diens
Gr. 8 tot 22:00
Gr. 9 tot 22:00
Gr. 10 tot 22:30
Gr. 11 tot 23:00
Gr. 12 tot 23:00
REëLS
• Prente word slegs gehang aan prentelyste. Niks mag teen die mure, kaste of spieëls geplak
word nie.
• Slegs matrieks word in die middae na studie in die kamers toegelaat.
• Geen dogter word in die koshuis aan die seunskant toegelaat nie en geen seun aan die
dogterskant nie.
• Geen matriekleerder word in die gr.8 – gange of – kamers toegelaat nie en geen gr.8 – leerder
word in die matriekgange of kamers toegelaat nie. (SEUNS)
• Rook en die gebruik van sterk drank is ten strengste verbode.
• Bywoning van skool- of koshuisfunksies is verpligtend. Geen privaatpartytjies mag vanuit
koshuis bygewoon word nie.
• Kosgangers mag geen eiendom van koshuis beskadig nie. Indien wel, sal ouers verantwoordelik wees vir die herstel of vervanging van sodanige eiendom. Terrein moet skoon en netjies gehou word.
• Niemand mag skoolterrein sonder verlof verlaat nie.
• Ouers mag leerders onder geen omstandighede sonder toestemming van koshuisouers of personeel op diens, behalwe Woensdae, van die terrein wegneem nie.
• Matrieks studeer in kamer. Moet egter gedurende studietye in kamer wees en voor lesenaar sit.
• Niemand, behalwe matrieks, mag battery radio’s, bandopnemers ens. aanhou nie. Radio luister in
studietyd is verbode.
• Alle gordyne toegetrek saans, ook in studiesaal.
• Geen laatkommery vir studie of etes nie.
• Absolute stilte moet te alle tye in studiesaal gehandhaaf word.
• Verkry verlof vir laatstudie by personeellid aan diens en teken naam in laat-studieboek.
• Vir mediese versorging sal geneesheer, soos deur ouers versoek, ingeroep word. Ouers is ten volle verantwoordelik vir kostes. Kosgangers met aansteeklike siektes sal nie in koshuis toegelaat word nie.
• Leerders wat aan allergieë, asma, ens. ly, moet voorsiening maak vir medisyne.
• Siekte moet onmiddellik voor stilte by personeellid aan diens aangemeld word.
• Dit is raadsaam om siek leerders Maandag-oggende tuis te hou.
• In geval van afwesigheid weens siekte stel asseblief huisouers in kennis.
• Kosgangers wat weeksoggende siek is, mag nie na skool opstaan of koshuis verlaat nie.
• Almal moet in kamer wees en bly na ligte uit.
• Geen nie-koshuisleerling mag sonder toestemming koshuis besoek of binnegaan nie.
• Geen klere en/of handdoeke mag in vensters, of op vensterbanke of aan kasdeure gehang word nie.
• Koffers moet Maandagaand uitgepak en bo-op kaste wees.
• Niemand mag by vensters uithang of uitskree nie.
• Toegang tot koshuis gedurende pouse of skoolure verbode.
• Geen elektriese apparaat behalwe haardroërs toegelaat nie.
• Slegs matrieks mag ketels aanhou.
• Niemand mag verwarmers aanhou nie
• Slegs musiekleerders word in musiekkamers toegelaat.
• Geen eetware, tee, koffie of eetgerei mag uit eetsaal na kamers geneem word nie.
• Water, veral by storte, moet spaarsaam gebruik word.
• Dorp toe: Woensdae vanaf 14:15 tot 15:15 in skooldrag.
• Telefoon: Geen oproepe tydens maaltye, studietye, stiltetye en na ligte uit nie. Gesprekke nie langer as 5 minute nie.
• Bywoning van Pinksterdienste word aangemoedig.
• Dit is wenslik dat kosgangers aan een of ander sportsoort deelneem.
TIPES OORTREDINGS
BAIE ERNSTIG (Kat. C)
Beskadig koshuiseiendom of geboue (vandalisme)
Besit van enige gevaarlike wapen
Besit of gebruik van dwelms en alcohol, of onder die invloed daarvan
Besit of gebruik van sigarette
Besit van pornografiese materiaal
Satanisme
Seksuele wangedrag – teistering of betasting
Kriminele oortredings: diefstal, aanranding,onsedelikheid
Afwesig of verlaat koshuis of skoolterrein sonder magtiging tussen 18:00 en 06:00
Seun aan dogterskant of dogter aan seunskant
Rassistiese opmerkings
Ongeskikte of oneerbiedige gedrag teenoor personeel
Baklei, dreig of intimidasie
Doelbewuste beserings veroorsaak
Matriekleerder in Gr.8 gang of -kamer / Gr.8 – leerder in matriekgang of -kamer
ERNSTIG (Kat. B)
Afwesig of verlaat koshuis of skoolterrein sonder magtiging tussen 06:00 en 18:00
Bywoon van privaatpartytjies
Krap van name en merke op banke
Afwesig sonder magtiging van ete of studie
Oneerlikheid
Sonder toestemming siek in bed of by koshuis bly
Siek leerlinge wat na skool opstaan
Verwissel van kamer sonder toestemming
Vuil taal
Lol met brandblustoerusting
Versteur orde en stilte in studiesaal
Ongelyste diverse ernstige oortreding (omskryf)
MINDER ERNSTIG (Kat. A)
Sonder toestemming van kamer verwissel
Liefkoos en omhels op skoolterrein
Matriek nie voor lessenaar gedurende studietyd
Nie in kamers na ligte uit nie
Kom laat by studie of etes
Badkamers nie netjies nie
Besoek kamers gedurende pouses of skoolure
Leerders in kombuis
Aantasting van menswaardigheid of spot
Dra van onbetaamlike of uitlokkende kleredrag
Gewone klere in dorp
Kamers nie aan kant en leerders nie netjies as stilteklok in oggend lui nie.
Laat van dorp of nie inteken
Ligte brand na ligte uit
Nie-musiekleerders in musiekkamers
Raas in stilte
Slordige kamers
Verwyder eetware, tee of koffie of eetgerei uit eetsaal
Aanhou van ketel
Aanhou van radio
Hang by venster uit en skree
Hang van klere aan vensters vensterbanke en kaste
Ketels of radios aan na ligte – uit
Klokke verkeerd lui
Nie inteken vir etes oor naweke (winterseisoen)
Nie opdaag vir etes gedurende naweke (Winterseiseon)
Rommelstrooi
Tasse nie netjies en op regte plek na skool nie
Telefoon nie antwoord of verkeerd antwoord
Versiering van kamers anders as voorgeskryf
Ongelyste minder ernstige oortredings