Skip to main content

Voortrekker die tuiste van gelukkige kinders.

Bethlehem Voortrekker Hoërskool is nie net ‘n gebou nie. Dit is ‘n plek waar enige iemand die hartklop van gelukkige kinders kan voel. Binne hierdie grense vind elke unieke kind sy plek om deel te word van die groter Voortrekkerfamilie. Hier is eenheid in verskeidenheid die wagwoord.

Daar is beslis geen alternatief vir die gees wat by BVHS heers nie: een van akademiese uitnemendheid in ‘n gelukkige, lewenskragtige omgewing waar ‘n gesonde balans tussen akademie, sport en kultuur heers

Tradisie

Tradisie kweek Trekkertrots. In 2017 vier Voortrekker sy 115jaar-fees. Om ‘n ryke tradisie te hê van meer as 100 jaar, skep ‘n besondere trots by ons leerders en oud-Trekkers. Ons streepbaadjie is die heel eerste baadjie wat in SA geregistreer is as amptelike skoolkleure: 1928.

Voortrekker is ook lid van die SA Alumnibond. Ons oud-leerders is vir ons baie belangrik en waardeer hul insette in die vooruitgang van die skool.

Ons slagspreuk vir 2015 was: Voortrekker is die sleutel tot sukses. Dit word op talle gebiede bewys.

Akademie

 MATRIEKS VAN 2018 #topakademie #100% #3vandie bestes #trekkertrots

 100% van die 2018-klas slaag!   Akademiese uitnemendheid is die topprioriteit by Bethlehem Voortrekker Hoërskool.

Elke leerder bereik sy/haar volle potensiaal in ‘n gelukkige, lewenskragtige omgewing waar ‘n gesonde balans tussen akademie, sport en kultuur heers.

BVHS bied ‘n wye beroepsgerigte vakkeuse aan om aan meer as 153 van die leerders toelating tot tersiêre studies te bied. BVHS is ook ‘n komprehensiewe skool omdat daar ‘n volledige tegniese afdeling bestaan waarmee die leerders ‘n N3-sertifikaat saam met hul Nasionale Senior Sertifikaat verwerf.

Hierdie gees van uitnemendheid blyk besonder duidelik uit die uitstaande uitslae van die 2018 gr.12-klas van BVHS. Nie alleen behaal hulle ‘n 100% slaagsyfer met 185 onderskeidings tussen die groep van 153 nie, maar 100% van hulle kwalifiseer om aan tersiêre instansies te gaan studeer. 73.85% het toelating vir graadstudies behaal, 22.23% vir diplomastudies en vir 9.92% hoër sertifikaatstudies.

 

BVHS se 2018-matriekklas is deel van die groter groep leerders wat nasionaal vir die eerste keer die eksamens afgelê het in die tegniese vakke wat in 2016 by die CAPS-kurrikulum ingesluit is. Hierdie eksamen was egter ‘n waterskeidingsgeleentheid. Volgens Umalusi bestaan daar nog nie ‘n norm om aanpassings in dié vakke uit te werk nie. Geen van hierdie vakke se uitslae is dus aangepas nie.
Welgedaan aan hierdie leerders wat ook nou ook spog met ‘n N3- kwalifikasie. Dit is een van die unieke geleenthede wat BVHS aan ons streek se kinders bied.

Jaarliks tel BVHS onder die Vrystaat se topskole wanneer die matriekuitslae bekend gemaak word. Pieter Muller (7 onderskeidings), Mila van Wyk (7 onderskeidings) en André van Schoor (6 onderskeidings) bevind hulle onder die Top 100-leerders in die Vrystaat. Pieter eindig 19de met onderskeidings in Afrikaans Huistaal, Engels Eerste Addisionele Taal, Wiskunde, Fisiese Wetenskap, Besigheidstudies, Rekeningkunde, en Lewensoriëntering.   Mila eindig 29ste met onderskeidings in Afrikaans HT, Engels Eerste Addisionele Taal, Wiskunde, Fisiese Wetenskap, Lewenswetenskappe, Rekeningkunde en Lewensoriëntering.

André eindig 21ste met onderskeidings in   Engels Eerste Addisionele Taal, Wiskunde, Fisiese Wetenskap, Besigheidstudies, Rekeningkunde, en Lewensoriëntering. Daar is egter nog 2 leerders wat 7 onderskeidings behaal, nl. Riana de Jager en Leanné Lessing. Vyf leerders behaal 6 onderskeidings, 6 leerders het vyf onderskeidings elk, 4 het 4 A’s en 6 het drie elk. Die 2’s en 1’s voltooi die ryke oes.

 

7 onderskeidings:

Pieter Muller, Mila van Wyk,
Riana de Jager en Leanné Lessing.

6 onderskeidings:

Queline de Jager, Franzet Farrell, Stephan Flemming, Daniël Miller, André van Schoor.

5 onderskeidings:

Janeli de Jager, Basetsana Malimane, Marissa Muller, Johnny Scholtz, René Shannon, Ané van der Merwe.

4 onderskeidings:

Leandri Becker, Marli Claasen, Karien de Jager, AB Vermaak.

3 onderskeidings:

Karabello Moloi, KR Ntomo,
Steven Sacht-Luwes, Johnny Scholtz,
Liezl Strauss, Carlo van Wyk.

Die volledige lys van vakonderskeidings is as volg:

Afrikaans 1e Add Taal 7 | Afrikaans Huistaal 6 | Besigheidstudies / Business 6 | Cat/ Rekenaartoepassingsteg 1 | Dramatiese Kunste 2 | Ekonomie / Economics 4 | English 1st Add. Lang 23 |

English HL 1 | Fisiese Wetenskap / Phys Science 12 | Gasvryheidstudies / Hospitality 4 | Ingenieursgrafika en ontwerp 11 | Lewenswetenskap / Life Science 12 | LO 61 |

Meganiese Tegnologie 1 | Rekeningkunde / Acc 8 | Siviele Tegnologie 2 | Visuele Kuns/ Arts 1 | Wiskunde / Maths 11 | Wiskundige Geletterdheid / Maths Lit 12 |

 

Sport

Atletiek 

Trekkers weereens die top atletiekskool in die Vrystaat.

Voortrekker se jaar het goed begin met ‘n suksesvolle voorseisoen wat atlete voorberei het vir 2019. Ons jaarlikse kleurbyeenkoms het ons die geleentheid gegee om ‘n gedugte atletiekspan te kies, wat gesorg het dat ons Graanveld en Oos-Vrystaat oorheers.

BVHS het ook die meeste medaljes op die Vrystaatkampioenskappe ingepalm (22 goud, 14 silwer, 8 brons) ‘n aantal van 44 medaljes. Ons is ook aangewys as die beste atletiekskool in die Vrystaat. Die wil om te wen en met trots uit die stryd te tree, was by elke byeenkoms duidelik sigbaar. Nog ‘n hoogtepunt van die dag was die aflosse.
Dit het die skare behoorlik op hul voete gehad. Voortrekker se aflosspanne het 8 van die 10 medaljes teruggebring Betlehem toe.

By die jaarlikse Clover-byeenkoms is ons aangewys as die beste gekombineerde skool. Voortrekker het ook die meeste atlete in die Vrystaatspan. Die volgende atlete (Jamie Dempsey, Megan Dempsey, Carli Shannon, Simoné Kruger, Marjulyn Myburgh, Simeon Jacobs, Suzé Fick, Lovelle Loubser, Bianca Lessing, Jana de Jager, JW van der Merwe, Cara van Wyk, Bianca Engelbrecht, Maruschka Niewoudt, Tineke O’Neil, Hannes Kruger, Wynand Swanepoel, Chinell Bekker) is gekies om aan SA’s deel te neem en 7 atlete het onder die top 3 by die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe geëindig.

Die jaar is ook gekenmerk deur talle rekords wat verbeter is. ‘n Fenominale 72 rekords is verbeter tydens die seisoen.

Dankie aan elke ouer, borg en veral ons atlete wat hard gewerk het om die seisoen ‘n sukses te maak.

Rugby

Voortrekker wen algehele Wesgrow rugbybeker 2 jaar NA MEKAAR!

Wen 8 uit 9 GriffonLigas

Bethlehem Voortrekker Hoërskool het in 2019 ‘n ongelooflike rugbyseisoen beleef.

Voortrekker spog met ‘n 94% wenrekord as skool in die groep wedstryde en wen 8 uit 9 van die Griffons Hoërskole rugbyliga. 41 spelers word gekies wat die Griffons-spanne op nasionale rugbyweke verteenwoordig. Kamshen Moss , Frans Postma , Cammi Roux, Warren Louw, Justin Kritzinger en Duncan Amsterdam was deel van die Griffons Cravenweekspan. Voortrekker neem dan ook in die Wesgrow Sentrale Skolereeks en wen die reeks as algehele rugbyskool vir die tweede jaar na mekaar oor 3 provinsies en 8 top skole

Die eerste rugbyspan wen die Wesgrow Liga in ‘n baie opwindende finaal teen Noord-Kaap.

Gedurende die voorseisoen speel Voortrekker teen gerekende skole soos Menlo Park by die Blou Bul Prestige-aand. Die span het ook aan die Oakdale rugbytoernooi deelgeneem. Aan die einde van die Griffonliga eindig Voortrekker tweede op die punteleer, maar verloor ongelukkig in die semi-finaal.

Aan die einde van die 2019 Griffonseisoen behaal Voortrekker ook ‘n ongelooflike prestasie deur 8 uit die 9 Griffonligas te verower.

Griffonligawenners : 14A, 14B, 15B, 15A, 16B, 16A, 3de en 2de Span.

Die 1ste, 2de, 3de o/16B- spanne wen die Wesgrow-reeks.

Laastens bedank ons alle afrigters, ondersteuners, borge, ouers en spelers vir nog ‘n merkwaardige seisoen.

.

Hokkie

BVHS-hokkie het ‘n baie goeie seisoen beleef. Twee suksesvolle toernooie is hier aangebied en verskeie gerekende skole het deelgeneem.

In die 2019-seisoen eindig vier meisiehokkiespanne eerste en drie spanne tweede in die Wesgrow Sentrale Sportreeks. BVHS word aangewys as beste meisieshokkieskool in die Wesgrow Sentrale Sportreeks. Die tweede, derde en o/14 B meisiepanne wen ook die Oos-Vrystaatliga.

Die eerste seunspan het ook ‘n goeie seisoen beleef. Hulle wen die Oos-Vrystaatliga en is naaswenners in die Noord-Vrystaatbeker. Hulle eindig vyfde
in die Wesgrow Sentrale Sportreeks.
Die seunspanne eindig onderskeidelik eerste, vyfde en sewende
in die Wesgrow Sentrale Sportreeks.

Die eerste meisiespan het deelgeneem aan verskeie top voorseisoentoernooie, soos Oos-Londen en St Stithians. Op die ligafront wen hulle ook die Wesgrow Sentrale Sportreeks.

Hulle het ook plaaslik aan ons eie BVHS- voorseisoentoernooi deelgeneem waarby top hokkieskole betrokke was. Die span kwalifiseer dan vir die FNB Private Wealth Prestige Top 12 hokkietoernooi en vaar uitstekend. Hulle eindig as die nr. 10-meisiespan landswyd BVHS-hokkie lewer 19 provinsiale spelers op wat gekies is vir Noord-Vrystaatspanne.

BVHS is ook baie trots op ons nasionale speler: Ntsoppa Mokoena word gekies vir die SA o/16-span.

Na ‘n harde seisoen is ons dankbaar vir wat BVHS-hokkie bereik het. Hierdie prestasies is slegs moontlik deur die harde werk van spelers, toegewyde afrigters, die ondersteuning van ouers en die alumni. BVHS se puik hokkiefasiliteite maak dit lekker om hokkie te speel en die harde ure in te sit. Die Trekker-hokkie hart brand vuurwarm en BVHS is slaggereed vir die nuwe seisoen!

Swem

Voortrekker het ‘n besonderse goeie seisoen in de swembad sowel as in oopwaterswem beleef en is trots op elke swemmer. Die seisoen skop af met die Sun City oopwaterswem: Tien swemmers voltooi die 3km swem en nege swemmers voltooi die 1500 m swem.

Drie swemmers verteenwoordig die Vrystaat by die SA skole-gala kampioenskappe. Hul wen 2 goue, 2 silwer en 7 brons medaljes. Een swemmeer verteenwoordig die Vrystaat by die “4+1 Inter Provinsiale gala”. Een swemmer neem deel aan die SA Open Water-groep oefenkamp deel te Nylstroom. Die swemmer wat aan die kamp deelgeneem het neem ook deel aan die Grand Prix uitnodigings gala byeenkoms te Nylstroom.

Sewe swemmers neem deel aan die Vrystaat oopwaterkampioenskappe asook een aan die Kwa-Zulu Natal oopwaterkampioenskappe. Voortrekker word aangewys as die beste swemskool by die Noord-Vrystaat Interhoërbyeenkoms. Junior en senior dogters Victrix Ludorum word toegeken aan Voortrekker-leerlinge.

Voortrekker wen 23 goue, 13 silwer- en 8 bronsmedaljes by die byeenkoms. Sewentien van die skool se swemmers neem deel aan die jaarlikse Midmar- oopwatermyl te Howick. By die Vrystaat Interhoërbyeenkoms te Bloemfontein wen Voortrekker 4 goue, 12 silwer- en 4 brons medaljes. Vier van die skool se swemmers neem deel aan die SA oopwaterswem nasionale kampioenskappe te Jeffreysbaai. Twee leerlinge neem deel aan die Level 1 gala-kampioenskappe en wen 5 goue en silwermedaljes. Twee leerlinge neem deel aan die Level 2-kampioenskappe en wen 1 goud, 3 silwer- en 1 bronsmedaljes. Vier swemmers neem deel aan de Level 3- kampioenskappe en wen een goue en 7 silwermedaljes. Een leerling neem deel aan die SA Junior galakampioenskappe en wen een brons medalje. Drie leerlinge van die skool neem deel aan die nasionale tweekampkampioenskappe. Twee swemmers neem deel aan die jaarlikse Wintergala en wen 2 goue, 3 silwer- en 2 bronsmedaljes. Een swemmer neem deel aan die SA Aquatics nasionale kampioenskappe.

Netbal

Voortrekker-netbal het in 2019 voorwaar netbal by Voortrekker tot nuwe hoogtes gevoer. Die jaar word afgeskop met ‘n Waterkloof netbaltoernooi waaraan ons eerste netbalspan, asook o/16A-span deelneem ter voorbereiding vir hul liga. Ons eerste netbalspan het ‘n indrukwekkende vertoning gelewer deur al 11 hul wedstryde te wen en die toernooi dus onoorwonne af te sluit. Die o/14A en o/15A-spanne woon die Camp Discovery o.l.v. Jenny van Dyk by. Vir ons junior spanne is dit ‘n waardevolle ervaring en word hul netbalvaardighede vir die komende seisoen deeglik vasgelê.

Met die A-liga waaraan deelgeneem word, het Voortrekker 12 spanne ingeskryf en uiteindelik daarin geslaag om agt spanne as liga-wenners in hul onderskeie ouderdomsgroepe te laat kroon.

Veral ons A-spanne vaar besonder goed in ons jaarlike derby-wedstryd teen Witteberg, waartydens al die spanne (o/19A, o/16A, o/15A en o/14A) as liga-wenners gekroon word.

11 netball players were selected for various Free State teams who represented their province at the All Ages inter-provincial tournament. Congratulations especially to Tumi Mokoena who was also part of the Cheetah u/18 team that came first in SA and won gold medals.

Met die jaarlikse Wesgrow-sportreeks vaar Voortrekker ook besonder goed. Die netbal is sy geheel eindig vierde uit die 8 skole en ons is ook trots op agt van ons spanne wat onder die top 4 eindig. Die wedstryde was van uiterste hoë standaard, maar harde werk en deursettingsvermoë het verseker dat Voortrekker se naam hoog gehou word. Dankie aan ieder en elk wat altyd Voortrekker eerste plaas en ons nooit in die steek gelaat het nie!

Ons sien uit na ‘n opwindende 2020-seisoen wat eersdaags begin!

Gholf

BVHS het n baie goeie jaar op die gholfbaan gehad. Voortrekker het 3 seunspanne en 1 dogtersgholfspan in die Oos-Vrystaatliga ingeskryf. Die B- en C-liga is oortuigend gewen deur Voortrekker, maar Voortrekker was ook die enigste skool wat ‘n span in die A-liga en dogtersliga ingeskryf het. BVHS oefen op Woensdagmiddae en maak gebruik van Bethlehem-gholfklub en Clarens Gholf Estate se bane.

Daar vind ook weer ‘n gholftoer plaas na die Suidkus waar leerders die geleentheid kry om bane soos Margate, Selbourne, Southbroom en Port Shepstone te speel. Dit is baie positief om te sien hoe die aantal spelers in Voortrekker elke jaar toeneem.

[vc_separator color=”grey” style=”dotted”]

Krieket

Voortrekker het die afgelope seisoen weereens bewys waarom ons een van die topkrieketskole in die Vrystaat is.
Na lang ure in die son en harde werk deur die seisoen, kyk ons met trots terug op al die wonderlike prestasies.

Die 1ste span, sowel as die o/15A’s neem deel aan die Goudveldliga en beide spanne eindig in die top 4.

Die 1ste span neem deel aan die nasionale Coca-Cola T20-toernooi en vorder tot by die uitspeelrondtes van die Vrystaatafdeling, wat beteken dat ons onder die top 4 van die provinsie eindig.

Die 2de- en o/15B-spanne speel in die Oos-Vrystaatliga en kompeteer suksesvol teen ander skole in die streek se A-spanne.

Heelwat leerders word gekies vir die onderskeie Oos-Vrystaat- en Vrystaatplattelandspanne. Na afloop van die o/15-plattelandweek, word Jack Lyon, Leyton Lyon en Henro Claasen gekies vir die Suid-Afrikaanse o/15-plattelanduitnodigingspan wat na Indië toer gedurende die Desembervakansie.

Brian Thaele verteenwoordig die Vrystaat o/17-span en word later ook gekies om die Vrystaat o/18-span te verteenwoordig op die nasionale “Cubs week”.

Tydens Vrystaatkrieket se prysuitdelingsfunksie word hy aangewys as die beste o/17- Vrystaatkrieketspeler.

Dogterskrieket is ‘n sportsoort wat tans groei en ons is trots daarop om selfs ‘n provinsiale dogterskrieketspeler te hê. Mikayla Fourie het die afgelope seisoen die Vrystaat o/16-dogterspan verteenwoordig en haar goed van haar taak gekwyt.

Hierdie suksesse kan slegs toegeskryf word aan die bydrae van elke afrigter, borg, ondersteuner, beampte en terreinpersoneellid, en daarvoor is ons opreg dankbaar. ‘n Spesiale woord van dank ook aan mnr. Connie Claassen wat verseker dat die kolfblad elke wedstryd van topgehalte is.

Ons sien reeds uit na die volgende seisoen!

Noodhulpverslag

Tydens 2019 is die Noodhulp weer sigbaar by elke sportbyeenkoms en toernooi. Leerders lewer hierdie onbaatsugtige diens en werk soms lang ure om te verseker dat byeenkomste en toernooie sonder ernstige voorvalle geskied.

Our First Aiders has to go through training and complete an examination. We had 6 learners whom completed level 1 and 2 training and 5 learners whom completed their level 3 training.

WhizzKids Soccer

WhizzKids Soccer was created as an opportunity for learners, not only
to play soccer but to ensure good communication, teamwork and productivity.
They are happy and enjoy the interactive sessions during friendly games.

We are thankful that Mr Cornel Craven joined us to coach and assist us when we played a friendly game against Maluti Hoogland School. Unfortunately this year we did not participate in the New Horizon Knockout Football Tournament.

We are looking forward to 2020.

Tennis

2019 was ’n goue jaar vir tennis by Voortrekker met volop toernooie en skitterblink prestasies. Die jaar is afgeskop met ‘n goeie getal van 57 spelers, 33 seuns en 24 dogters. Die nuwe tennisleer wat in 2018 begin het, werk suksesvol en die daagwedstryde vind daagliks plaas. Nuwe graad agts is gou touwys gemaak en het sommer gemaklik ingeskakel, met ’n uitspeel, interne toernooi wat oor drie dae plaasgevind het.

Oudergewoonte het die jaar afgeskop met ’n onvergeetlike toernooi in Cradock gedurende Februarie. Hierdie was die agtiende jaar wat die Tjaart Vorster toernooi aangebied is en die agtiende jaar wat Voortrekker die toernooi bywoon. Buiten tennisspeel kon seuns en dogters dit gate uit geniet met binnebande op die Visrivier. Almal het BVHS met trots verteenwoordig en veral die seuns het baie goed gevaar.

Vanjaar registreer ons nege spanne in die Oos-Vrystaatliga. Ses van die nege wen hulle ligas, asook die derby teen Witteberg. Baie geluk aan die A-seuns en -dogters, B-dogters, C2- seuns asook D-seuns en dogters.

Toernooie en wedstryde wat gespeel is, was die volgende:

  • A-spanseuns en -dogters vriendskaplik teen Diamantveld in Kimberley
  • A-spanseuns vriendskaplik teen Hoërskool Ligbron in Ermelo
  • Junior dogters vriendskaplik teen Laerskool Randhart van Alberton.
  • A-spanseuns en -dogters onderneem ’n mini-toer na Pretoria. Ons speel teen Boys en Girls High, asook Hoërskool Menlopark.
    Ons dogters wen beide wedstryde.
  • O/15-dogterspan neem deel aan Afrikaans Hoër Meisieskool Pretoria se prestige toernooi. Ons meisies eindig as naaswenners van die toernooi. Hulle speel teen baie groot skole en speel uiteindelik in die finaal teen Oranje. Anke Heyns word aangewys as beste                       speler van die toernooi. Anke en Maricha du Plooy word ook aangewys as beste dubbelspaar van die toernooi.

Anke Heyns neem gedurende Meimaand deel aan die TSA Gauteng Minireeks in Johannesburg. Sy wen algeheel o/16-dogtersenkels. Een van die wedstryde wat sy gewen het, is teen die agtste gekeurde in Suid-Afrika. Sy wen ook gedurende Augustus die Vrystaat Minitoernooi se enkels en dubbels.

Nog goeie nuus is dat ons spelers vanjaar die Vrystaat-Oosleer, o/15, o/17 en o/19-spanne, gedomineer het met sestien spelers. Al sestien spelers het Thabo Mofutsanyana en Oos-Vrystaat gedurende Augustus in Bethlehem verteenwoordig, met uitstekende uitslae.

Ons het deelgeneem aan die Bethlehem toernooi in September en het weereens met welslae presteer teen verskeie tennisspanne.

Dankie vir al die ondersteuning van die ouers en die skool wat meegehelp het om hierdie jaar ‘n baie suksesvolle tennisjaar te kon maak. Tennis gaan van krag tot krag en die diepte in al die spanne dui op gesonde sportmangees en geesdrif.

Kultuur

TrekkerBarn kicked off our Culture Year in 2019. We had a wonderful array of songs taking us on a trip through the different genres. Massa deelname was ons doel … and boy, oh boy, did the learners get their feet swinging.

Cultural fever was running high this year considering the number of learners who partook in debating and public speaking.

4 senior- en 1 Junior spanne is dié jaar ingeskryf vir die ATKV-debatkompetisie, waarvan een seniordebatspan, Mia van der Schyff en Merize Beukes, deurgedring het na die Vrystaat-finaal.Twee debatspanne het dié jaar aan die Dink-of-Sink-debatkompetisie deelgeneem en teen top skole gekompeteer. Hulle het dit baie geniet.

Voortrekker se redenaars het met mag en mening hulle standpunte bewys in beide ATKV-Redenaars en Radikaal Redenaarskompetisies. Twintig leerders het aan die ATKV-redenaarskompetisie deelgeneem, waarvan 15 deur is na Vrystaat-finaal. By die finaal het Cara van Wyk ‘n vyfde posisie in voorbereid behaal; Jamie Azar ‘n tweede en Basetsana Sempe ‘n vierde posisie in Onvoorbereid behaal; sowel as Mehmood Khan ‘n tweede posisie in Voorbereid. 2 Leerlinge woon die landswye finaal by, nl. Mehmood Khan (Gr 10 – 12 Addisionele Taal, Voorbereid) en Jamie Azar (Gr 10 -12 Addisionele Taal, Onvoorbereid.) Altwee het uitstekend gevaar.Mehmood het algeheel ‘n derde plek behaal in Voorbereid en Jamie het ‘n tiende plek behaal in Onvoorbereid. Mehmood, Jamie en me. Alta Rall het hierdie uitstappie Kaap toe baie geniet.

Radikale Redenaars lok baie leerders met hulle verskeidenheid afdelings. Altesaam 25 leerlinge van Voortrekker dring deur na die Vrystaat-finaal. 12 van die leerlinge het reeds deurgedring na die nasionale ronde wat in Oktober plaasvind, nl Jakolien en Engela Punt, Thandi Lepesa, Mia Marais, Serero Motloung, Stephan Peens, Basetsana Sempe, Daleen van der Merwe, Zahra Antoaroo, Keaan de Klerk, Kutloano Kolokoto en Cara van Wyk.

Monique Crause took part in the Artusticulta Public Speaking Competition. She went through to the national final and received a fourth place medal for Prepared English and a second place award in the Unprepared Afrikaans section.

This year at the Harrismith Eisteddfod, 144 learners partook. Voortrekker did exceptionally well. We received 134 Gold, nine silver and one bronze awards for everything, from poetry to drama and singing. Janine de Klerk received a top achievement award, the ATKV Platberg book prize for her creative writing.

A.T Gouws ontvang die beoordelaarstoekenning vir onvoorbereide lees. Merietetoekennings gaan aan Ruan Botha, Megan Azar, Alita de Jager en Merize Beukes vir Afrikaans; Dané van Graan en Beate Boshoff vir musiek en Thandi Lepesa vir Engels.

Beate Boshoff was invited to play at the Young Artists Concert Series in Rondebosch in Cape Town this year. She was the youngest of 4 artists who were invited. Beate Boshoff and Dané van Graan both did us proud by being awarded the UNISA Hennie Joubert award for the two highest marks in the country. Beate played at the Atterbury National Piano Competition in Pretoria and came second overall, also receiving the “best performance” award of the twentieth century. Dané is the winner of the senior section at the Grahamstown National Music Competition. At the Harrismith Eisteddfod, Beate received four A++ awards; Dané achieved ten A++ awards and Bea Oosthuizen received six A++ certificates for their piano pieces. Dané also received the UNISA award at this Eisteddfod. At the Free State Eisteddfod, Beate and Dané received an award for the highest marks achieved. Dané walked away with the Trinity prize for the highest average at the Free State Eisteddfod in the senior category and Beate received the UNISA award. Dané passed her grade 4 UNISA practical exam with 93% and is waiting for her grade 5 UNISA practical exam results. Bea recently passed her Grade 2 UNISA theory examination with 99%, making their honours list and she is waiting for her grade 4 practical results. Beate is waiting for her Grade 8 UNISA practical examination results.   These three talented ladies make us very proud.

Our dancers “just feel like dancing” this year at the Free State Dance Competition. Five dancers took part and received wonderful achievements. Renémari Human received a trophy for tap and musical theatre, making her first in the Free State. Lieze Fouche obtained gold for her tap dance; Gené Pretorius, gold for tap and modern dance and a silver for musical theatre; and Sabu Colephi received a silver in modern dance. These dancers fall under the 17-19 age group. In the 13-14 age group, Khabiso Motloung received a silver for ballet, modern, tap and musical theatre. Congratulations.

Izet Beukes het ons plat geslaan met haar FSDA-uitslae vir musical theatre en as algehele wenner in die 15-16 ouderdomsgroep. Baie geluk.

Die serenadegroep het ons hierdie jaar by die TrekkerBarn-produksie, kultuuraand en prysuideling vermaak. Hulle word deur Bernette Erasmus en Doné van der Westhuizen afgerig and hulle het ‘n A++ by die kunstwedstryd opgelewer. Hul vertonings word immersterdeë geniet.

On most Wednesday nights the learners of Voortrekker come together in prayer at the VCSV. They have had numerous speakers, pastors and preachers who have come to speak to them. They have contributed to many community projects and the ring leaders have had a successful camp. A highlight this year was a praise and worship evening with our neighbouring school, Witteberg, and something we look forward to is the spring day collection for the JAM feeding scheme. Keep up the positive work, VCSV.

Hierdie jaar het Voortrekker drie stukke ingeskryf vir die ATKV-Tienertoneelfees. Ons is so trots om te sê dat twee van die stukke deur twee van ons leerders self geskryf is, naamlik Minke Kriel en Sera Swanepoel. Hulle was ook die regisseurs en met die bystand van hulle mentors, mev. Wilmari Geldenhuys en mev. Dinky Wille onderskeidelik, was die leerders verantwoordelik vir eie afriging, afronding en finalisering van hul stukke.

Minke se stuk, Ons is almal Narre, het in die Ermelostreek van die ATKV-kompetisie opgetree. Minke het ‘n bronstoekenning gekry vir haar teks en Chrisné Hattingh, haar verhoogbestuurder, het ook ‘n bronstoekenning gekry. Sera se stuk, Die Versteurde het ook baie mooi gevaar in die Bloemfonteinstreek van die ATKV-kompetisie. Sera het ‘n bronstoekenning vir grimering gekry en Esmarie Visagie ‘n bronstoekenning vir beligting. Stefan van Wyk het ‘n silwertoekenning ontvang vir verhoogbestuur. Die Versteurde het ‘n A+ toekenning by die Harrismith Kunswedstryd ontvang.

Waag of Waarheid het koppe laat draai met ‘n teks geskryf deur Ilne Fourie, ‘n bekende aktrise, dramaturg en tienertoneelbeoordelaar. Die teks het ‘n bronstoekenning ontvang by die ATKV-kompetisie. Wickus Botha het ‘n bronstoekenning gekry vir beligting en Stefan van Wyk het ‘n goue toekenning as verhoogbestuurder ontvang. Waag of Waarheid het ‘n A++ by die Harrismith Kunswedstryd ontvang.

Die Johan Blignaut-Voortrekkerkommando word deur mev. Wilmari Geldenhuys, mnr. Francois Geldenhuys, mev. Almarie Broekman en mev. Sarah Hattingh bestuur. Hulle woon die Doornkloofkamp tydens die Aprilvakansie by en verskeie grade verteenwoordig ons skool. Elke lid groei as mens en hulle werk tans aan die sterrekunde-, selfverdediging en verfbalkenteken.

Learners who can spell are any language teacher’s dream. Die Sanlam Wow Spelfees is ‘n jaarlikse spelfees wat die geleentheid skep vir leerders om hulle taalgebruik en geletterdheid te beklemtoon en verbeter. Hierdie jaar was die vierde agtereen- volgende jaar wat Bethlehem Voortrekker Hoërskool gasheer kon wees vir dié uitstaande geleentheid. Mev. Dinky Wille, die koördineerder, berig dat agt skole van die distrik deelgeneem het. Jozelle Fourie (tweede), Marjolijn Visser (derde), Elri Corbett (vyfde) en Karli van Niekerk (vyfde), dring deur na die Vrystaat Provinsialekompetisie wat op 22 Augustus 2019 plaasvind. Jozelle en Marjolijn ontvang ook medaljes en boekpryse.

This year we launch our own movie. Mr Cornél Craven wrote, directed and produced his own movie called Littekens (Scars). A number of our learners, namely, Jozelle Fourie, Mia Marais, Raino Botha, Omphile Molahloe, Alita de Jager and Thandi Lepesa played the main characters. Mr Chris de Clerq played the school principal and our drama teacher, Ms Alta Rall also played a key character. Other names that helped make this production a huge success are: Mr Casper Knoester, Mrs Lizana Muller, Mr Manie Havenga, Mrs Dinky Wille, Mr Francois Geldenhuys and Mrs Elena Fourie. We want to thank the production team, namely: Infinity5 Productions for co-producing the movie; Tristan Craven and Janco Smith were assistant directors; Mr Wille Steyn was the editor and Mr Donavan Williams assisted him. The cameras and sound were done by our Trekker TV team, supervised by Ms Elzane Cloete. A big thank you Niins Health and Skin Care Clinic for the supplying the make-up and to Ms Maryna Volschenk for being the make-up artist.

The movie will be launched nationwide in January 2020. We are really proud to be associated with this short film.

We end this year with a Culture Crowning Ceremony to brag about a few of the learners who have made waves this year. This prestigious evening showed a variety of talent from all facets of our Cultural department, even the preview of our movie trailer. We wish we could show everything over again, as our learners make us so proud with their beautiful talent. Thank you to all the parents who made this evening such a great success.

Thank you to everyone who takes the time to develop our learners into artists in so many fields. Voortrekker is proud to call ourselves a Culture School. We look forward to a fantastic 2020 filled with drama, dance, debating and much, much more.

Gemeenskapbetrokkenheid

Bethlehem Voortrekker is betrokke by verskeie uitreikaksies na die gemeenskap; deur ons betrokkenheid ploeg ons iets terug na n gemeenskap met ‘n oop hand vir ons skool – bv Pathways, hospice, kinder- en gesinsorg, CTK…om net ‘n paar te noem. Vir ons is dit belangrik om die kinders holisties te ontwikikel. Geestelike verrykingskampe en projekte word geloods bv. ons graad 9 kamp ens.
Checkers het ‘n nasionale Entrepeneurskompetisie aangebied vir hoërskole. Bethlehem Voortrekker is aangewys as Nasionale wenner in 2015. In 2016 doen ons dit weer met ‘n projek in samewerking met Checkers op Nasionale pannekoekdag.

Koshuis

Voortrekkerkoshuis is ‘n leefwyse. Danksy die investering van etlike duisende rande wat ons self genereer, is ons koshuis een van die mooistes in die land.

Koshuisleerlinge vorm ‘n integrerende deel van die skool en al sy aktiwiteite en wanneer die prestasies van koshuisleerlinge in oënskou geneem word, kan ons nie anders as om te besef dat ons koshuis ‘n kweekskool vir toekomstige leiers op alle terreine is nie.

Ons koshuisbestuursraad is baie toegewyd en sonder hul hulp en goedgesindheid sou alles baie moeiliker gewees het.

Die voorsitter is mnr. Fanie Ferreira met ander lede: mevv. Amelia Scheepers, Milandre Stevenson, Eleanor du Plessis, Maryna Lamprecht, Janene Botha, Annatjie Bertram, Judy Bochnig, Carlien Fick,

mnre. Charles Campher, Natius Labuschagne, Johan van Zyl, Jaco Breytenbach, De Wet Jacobs, Ronnie Nel, Wimpie vd Schyff, Gys Coetzee, en mev. Hannelie Naude.

Ons is verder baie gelukkig om vier mans-en vier damespersoneel as inwonend in die koshuis te hê. Ongelukkig het die Departement van Onderwys die skale so aangepas dat slegs vier mans en vier dames deur hulle vergoed word om diens te doen. Groot dank aan die personeel wat wel diens doen, vir harde en ondankbare werk.

Hulle is: Mnr. Natius Labuschagne en me. Surette Labuschagne die koshuisouers. me. I. van Niekerk, J. Claassen, M. van den Berg,
E. Coetzee en S. Wessels en mnre,
M. Havenga, J. Scheepers, W. Van Rensburg, S.vd Walt en A. Wolmarans.

In die kombuis het ons vyf baie bekwame matrones (3 uit eie fondse), wat onder die leiding van me. Priscilla Oosthuizen, heerlike kos voorberei. Daar is veertien vroulike assistente (2 uit eie fondse) wat hulle bystaan en een manlike assistent wat in die tuin werk en die ketel stook. As gevolg van die rasionalisering van die staatsdiens is daar twee matrone- en drie assistent-poste vakant. Die poste wat nie gevul is nie, plaas groot druk op ons personeel en finansies.

As gevolg van groeiende getalle was die koshuiskomitee verplig om nog akkommodasie vir die leerders te kry.
In 2012 is ’n huis gekoop wat tans verblyf verskaf aan personeel. ʼn Nuwe vleuel is by die seunskoshuis aangebou om die groeiende aanvraag te akkommodeer.

Wat die rol betref, is ons dankbaar dat ons ‘n leerlingtal van ongeveer 350 kon handhaaf. (150 meisies en 200 Seuns).

ʼn Spesiale woord van dank aan mnr. Fanie Ferreira wat vir 12 jaar lank op die koshuiskomitee gedien het, wat ons groet aan die einde van die jaar.

Ons maak met reg en trots aanspraak daarop dat ons een van die beste koshuise in die land is.