Skip to main content

Welkom by Bethlehem Voortrekker Hoërskool

BETHLEHEM VOORTREKKER HOëRSKOOL het in 1870 sy ontstaan in die konsistorie van die NG-Kerk gehad. Dit is toe tydens die Anglo-Boereoorlog onderbreek en daarna is dr. Clarke as die eerste hoof van Bethlehem Hoërskool aangestel. Spoedig het die skool n belangrike rol gespeel om die Afrikanerideaal in stand te hou en om versoening tussen die twee taalgroepe te bewerkstellig – n ideaal waarna ons vandag nog steeds strewe soos weerspieël word in ons leuse: NON SIBI SED PATRIAE

Voortrekker is famous for its keen spirit and zest for life. Not only are we achievers on every possible terrain, but we also know how to get the most out of life.

Akademie is ons topprioriteit. Sukses op dié gebied kan toegeskryf word aan beroepsgerigte vakkeuses, klaskamers met die nuutste tegnologie, en bekwame onderwysers. Ons kweek wetenskaplikes en ekonome, kunstenaars en tegnici. Voortrekker is ‘n komprehensiewe skool met ‘n volledige tegniese rigting, asook ‘n fokusskool vir Gasvryheid en Toerisme.

Op kultuurgebied staan ons sterk met: debat, redenaars, serenadesang, Voortrekkers, musiek, tienertoneel/drama, Blitsbrein.

Voortrekker se puik sportfasiliteite maak deelname aan atletiek, swem, tennis, krieket, hokkie, netbal, rugby en ‘n verskeidenheid ander sportsoorte moontlik.

Voortrekkergees is legendaries: Ons leef NON SIBI SED PATRIAE.

At Voortrekker nobody is just a number – everyone is a person; someone who will have every opportunity to develop into a well-balanced, productive individual.

Akademie

Uitsonderlike onderrig vir ’n blink toekoms.

Sport

Gees, deursettingsvermoë en oorwinnings wag.

Kultuur

Vier tradisie en talent met trots.

Koshuis

’n Tweede tuiste, ’n leeftyd se herinneringe.